1 reviews | Active since Oct 2010
SnoMaster is werklik TOPS!!
Die herstel van my SnoMaster 15kg Ysmaker SN ***4 verwys.
Dit is voorwaar ongelooflik wanneer goeie diens steeds van vervaardigers verkry kan word. SnoMaster is beslis só 'n maatskappy .......
So 'n bietjie agtergrond:
Na 2 ysmasjiene van opposisie vervaardigers (wat nie te lank gehou het nie), het ek besluit om eerder 'n SnoMaster aan te skaf. Dit was gedoen na aanleiding van die goeie diens wat my Sprite karavaan se SnoMaster yskassie (en die daaropvolgende nasorg diens deur SnoMaster - masjien moes een keer ligte herstelwerk ondergaan) gelewer het.
Die ysmasjien blyk werklik 'n goeie koop te wees, want ons ysmasjien werk basies 24 uur per dag!
Maar, na sowat 3 jaar se werk het die werksverrigting stelselmatig verminder en. aangesien ons in Parys woonagtig is, het ek maar die lang reis aangepak Rand toe om die masjien te laat herstel. Eers bietjie rondgesoek, want SnoMaster se kantore het in die tussentyd verskuif, maar uiteindelik reggekom (dankie Google!)
Wat 'n verrassing - vriendelike jong man (Ricardo) wat my ontvang, onmiddelik wys waar die verstopping by die filtreerder is (ken sy produk!!) en toe die goeie nuus: "Oom, hierdie masjien is nog onder waarborg ........" (na +/- 3 jaar? Wonderlik!!! Bel my vrou onmiddelik en sy kon dit ook nie glo nie)
Vir 'n pensionaris is enige sulke nuus altyd goed!!
My seun het die masjien vir ons gaan haal .... geen bybetaling!! ...en die ys wat nou weer geproduseer word is terug na uitstekend!!
Baie dankie vir julle uiters goeie produk, julle uiters goeie dienste en dankie vir Ricardo se vriendelikheid!!. Ek rapporteer hierdie ook aan Hello Peter!
Wanneer julle in Parys kom, kom in vir 'n lekker drankie met YS!!
