1 reviews | Active since May 2024
Goeie diens - lekker mense
ek moet bieg - ek was vreeslik opgewonde om deel te word van die platvorm en na paar sessies het ek hul begin vergelyk met 'n vorige platvorm wat effens te duur geraak het vir my.. my trots het my amper in die voet geskiet!! Ons sessies met Luhan, soos vanoggend en gisteraand, is ongelooflik goed en elke keer is dit asof hy iets nuuts na die tafel toe bring. ek dink wel dit het ook met my honger om regtig te verstaan en self studie ook te doen, maar Luhan se manier van verduidelik is regtig uitstekend. hy is n baie aangename mens om mee te gesels - plat op die aarde en baie behulpsaam. DANKIE LUHAN!! - jou tyd word opreg waardeer! Dan ook het Heinrich my kom besoek by my huis hier in Paul Roux en kon ek en n vriend lekker met hom kuier en baie vrae vra wat hy ons baie mooi mee gehelp het. DANKIE HEINRICH!! Die kantoor personeel is baie vriendelik en help onmiddelik.. Overall - uitstekende diens! well done almal met n goeie Suid-Afrikaanse platvorm..
Vriendelike groete,
Francois Oosthuizen (M.D.)
Vriendelike groete,
Francois Oosthuizen (M.D.)
