1 reviews | Active since Jul 2018
Warrelwind diens/ Wirlwind service
Ek was gister by Skin renewal Willowbridge vir n afspraak vir die RID dieet. Nou kom ek verduidelik gou mooi dat ek nie die review hier post dat iemand my moet bel en onverskoning vra nie. Nee, ek post hierdie hier vir almal wat eers reviews lees voor hulle oorweeg om iets te doen. Dis vir julle wat ek graag wil vertel van my ondervinding. My afspraak was 2 uur gewees, my kar was ongelukkig daai dag in vir n diens en ek was gedwing om vir my man te wag om sy voertuig te kry. Op die kop 2 uur lui my foon en dis die sister van skin renewal, ek is in die parkeer area besig om parkering te soek. Ek stap 2:05 by skin renewal in, ek moet deur die ritueel gaan van covid 19, hande spuit, koors neem en voete spuit en lappe oor my voete trek. Ok, alles is gedoen. Nou word ek 6 blaaie in my hand gestop wat ek moet invul. Die eerstes is covid 19 vorms. Die volgende 3 folios is persoonlike inligting OOK MET PRESIES DIESELFDE VRAE VAN COVID. Dan, die volgende vorms is dieet vrae, die rede hoekom ek eintlik hier is. Deur die hele invul proses kom check die sister 3 keer in om te hoor of ek klaar is. Toe sy die 4de keer kom, sê sy, sy kan nie langer wag nie en ons moet nou na haar kantoor toe gaan. By haar kantoor is dit waar dinge nou begin skeef loop het, sy hardloop daar in haar kantoor op en af besig om goed reg te skuif maar terwyl sy dit doen vetel sy vir my hoe ver agter ons nou is en sy moet die papiere by die dokter uit kry teen n sekere tyd en en en.... Sy vra my n vraag wat ek nie kant onthou nie, maar ek onthou my antwoord was: " solank die diens net nie so warrelwind gaan wees nie, en my geld goed genoeg gaan wees, maar die diens word so afgejaag nie. Nou kom ek gee jou net gou n idee van hoe dit gevoel het, alles was baie rustig en kalm VERAL as jy by skin renewal in stap, die musiek en die mense en alles daar is BAIE RUSTIG. Toe ek in die sister se kantoor instap was dit soos n warrelwind, chaos sê ek vir jou. Sy trippel oral rond en hou nie n sekonde ophou praat nie want sy het net n sekere tyd om al haar woorde in te pas. Dit was verskriklik. Van totale kalmte na totale chaos in minder as 10 sekondes. Onder andere vang ek die skimp dat alles is nou so gejaag omdat ek nie op tyd was nie, dis nou die 5 min wat ek laat was. Nou kyk toe ek dood seker was, dit was sowaar n skimp wat sy na my kant toe gegooi het, kon ek myself nie langer beteul nie, en ek sê vir haar maar as daar 10 vorms is wat mens moet invul hoekom laat weet hulle mens nie mens moet 15min vroeër in kom nie. Sy pluk haar selfoon nader en wys vir my n voice message waar sy vir die mense wat daar voor werk vra om die kliente te laat weet hulle moet vroeër kom. Iets wat hulle nie gedoen het nie. So nou sit ek en sy in n helse ongemaklike situasie omdat die mense nie gedoen het wat sy hulle gevra het om te doen nie. Ek vra haar toe of het sy daai boodskap vir my gestuur, haar antwoord was nee, ek sê toe vir haar die 5 min wat ek laat was is definitief nie die probleem nie want ek sou NOOIT al daai lyste vorms in 5 min kon voltooi het nie. Sy begin vrae daar aframmel wat ek nou moet beantwoord maar die atmosfeer is steeds soos n warrelwind en ek is nog nie kalm nie, en sy ook nie want sy is bitter haastig en wil begin om klaar te kry om verlore tyd in te haal want die dokter gaan die goed nou by haar wil hê. Maar die dokter is die mees kalmste mens met baie compassion en ek kan met een oog op **** vir jou sê die dokter sou nie gepla gewees het nie. Maar ok, ons is hier in hierdie warrelwind kantoor van haar besig om vrae te beantwoord, een van my antwoorde op een van die vinnige vrae was, "ek weet nie, jy moet maar raai" waarop sy my toe vra of wil ek nie maar n ander afspraak maak nie want sy kan sien ek is opgewerk. Ja, ek is opgewerk want ek was die een oomblik nog kalm en die volgende oomblik stap sy in my lewe in met n helse bohaai wat alles in my en om my soos n tsunami laat voel, so ja, ek is opgewerk. Ek sê toe vir haar nee, ons gaan nou klaar maak. Ek wil op daai stadium net daar uit kom. Ek het myself bedaar en na alles geluister wat sy afgrammel het. Dit was die mees onprofesionele afspraak, en ek is glad nie eens lus om hierdie dieet journey saam met hulle aan te pak nie. R4000 is nie geld om in die water te gooi nie en n deel van daai R4000 gaan aan diens en nie produk nie, wel die diens wat ek gekry het is pateties, definitief nie R5 van die R4000 werd nie. As ek die reviews op google en op hallo peter lees, skok dit my aan die een kant want as jy daar in stap lyk alles so professioneel, maar aan die ander kant sien ek ook dat die meeste van die complaints gaan oor diens.
