1 reviews | Active since Jul 2014
Beste sekuriteits maatskappy in die land!!
As enige iemand nog getwyfel het watter sekuriteits maatskappy om by aan te sluit, behoort hierdie jou besluit makliker te maak. Vrydag aand moes my man ry vir werk, met die wete dat hy eers Sondag middag sou terug keer was ek natuurlik dood bang. Ek vat toe n kans en stuur n fb boodskap en vra of SJC ekstra patrollies kan doen. Binne 2 min kry ek n boodskap terug van Charl met sy sel nommer en dat ek my details moet whatsapp sodat hy dit kan reel. So gemaak en onmiddelik het hy dit gereel. Saterdag oggend gaan die alarm af. Ek panic! Ek gaan kyk en SJC staan reeds in my oprit! Ek kon nie glo hoe vinnig hulle was nie. Ek is nou al meer as 2 jaar n klient en het nog altyd ongelooflike diens gehad. Charl, jy en jou span was my knights in shining armour die naweek. Julle het my veilig laat voel en rustig laat slaap. Duisende miljoene dankies aan julle, ek weer nie wat ek sonder SJC sou doen nie!! Jyt n klient vir n leeftyd! Baie dankie!
