YJ
Yolandi J

1 reviews | Active since Jan 2023

28 Nov 2025, 14:54

My sharetrackin ervaring

Ek wil graag my opregte waardering uitspreek vir ShareTrackin. Die sagteware self is ongelooflik kragtig, gebruikersvriendelik en baie volledig. Dit maak die ontleding van aandele nie net makliker nie, maar ook baie meer insiggewend. Ek leer elke dag iets nuuts.

Die opleiding wat saam met die produk aangebied word, was vir my ’n groot hoogtepunt. Die sessies is professioneel, interessant en prakties aangebied. Elke konsep word duidelik verduidelik en ek kan regtig sien dat die aanbieders passie het vir wat hulle doen.

Wat my egter die meeste beïndruk, is die ondersteuning. Die diensspan reageer vinnig, is hoflik en gaan uit hulle pad om te help. Dit is selde dat mens sulke toegewyde en vaardige ondersteuning kry.

Baie dankie aan die ShareTrackin-span – julle produk én julle mense is werklik van topgehalte

0
Replies (1)
Sharetrackin
Sharetrackin's reply28 Nov 2025, 15:37
Official
Yolandi,

Baie dankie vir die terugvoer.

Ons deel dit beslis met die span.

Moet nie huiwer om uit te reik na ons toe indien jy enige hulp kort nie, ons is daar vir jou.

ShareTrackin