1 reviews | Active since Jan 2021
Oktober maand toe die agent van sharetrackin hier by ons was om die hele sharetrakin pakket aan ons te verduidelik het hy aan ons gese van die eerste maand af betaal die pakket hom self. Nadat ons aan hom gese het finansieel kan ons nie bekostig om die pakket uit my man se salaris te betaal nie. Met die covid het die myne toe gemaak vir n maand daarna het hulle net elke 2de week gewerk. Vanaf Julie was my man by die huis tot en met die eerste week in Desember. Nog elke maand betaal ons uit ons sak vir die pakket. Julle mense het letterlik van ons kruideniers ware se geld uit ons monde uitgevat met die bog pakket. Ek sit in die nag kyk na videos of daar iets is wat ons verkeerd doen. Want om n email of sms te stuur kry ju nie antwoord nie. Ek sal die pakkete vir niemand aanraai nie. Jy verloor net meer geld wat jy alreeds nie het nie.
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.