DM
Danie M

1 reviews | Active since Oct 2019

08 Oct 2019, 10:32

Danie Maree

Hi Ariszona,

Baie dankie vir die e-pos.

Ek kon tot dusver ongelukkig nie deelneem aan die beleggings geleenthede nie.

Maar baie dankie vir jou vriendelikheid en hulpvaardigheid.

Wat werklik vir my uitstaan met my gesprekke met jou;

a. Jy is altyd vriendelik. Laat my wonder hoe kry jy dit reg om altyd die ekstra myl met ‘n klient te loop. b. Dit is baie lekker om met iemand te kan praat wie Afrikaans magtig is – nogal nie ‘n algemene verskynsel in die besigheids wêreld in SA tans om iemand te hê wie jou in goeie Afrikaans bedien nie. c. Jou bereidwilligheid om te luister en voorstelle te maak om ‘n moeilike situasie te hanteer. d. Jy is altyd stiptelik – wanneer jy gesê het jy gaan daardie datum en tyd bel, dan gebeur dit so. e. Ek voel altyd goed nadat ek met jou gepraat het.

Groete en beste wense.

Danie Maree ***

0
Replies (1)
Sharetrackin
Sharetrackin's reply08 Oct 2019, 11:47
Official
Danie

Baie dankie dat jy die tyd geneem het om 'n personeellid wat werklik die ekstra myl saam met kliente stap te komplimenteer op die diens wat u van haar af ontvang het.

Dit is mense soos sy wat streef na dit waarvoor ons staan: Kliente is nie net 'n nommer nie, dit is iemand wat wil groei. Kliente verskil en elkeen het ook sy eie pas waarteen hy leer.

Komplimente soos die maak die span TROTS SHARETRACKIN.

Moet nie huiwer om ons kantore te s***el vir hulp en diens nie.

Vriendelike groete.
Sharetrackin 




Best regards,