1 reviews | Active since Mar 2016
Great Attitude Share Load King
Ons het onlangs 'n trek deur Share Load King gedoen vanaf Pretoria na Kenridge in Kaapstad. Dit was 'n taamlike groot trek gewees - ons het al in die verlede saam met veel groter en bekende vervoer maatskappye getrek, maar kan werklik vir die eerste keer se dat ons regtig op die hande gedra was vanaf die optel tot en met die aflaai in Kaapstad. Die kantoordiens/bystand is uitstekend en die uitvoer van die werk was uitmuntend. Die prys wat ons aanvaar het vir die trek was werklik bekostigbaar en ons beveel vir Share Load King aan vir almal wat langafstand wil trek met gemoedsrus. Baie dankie Share Load King - dis werklik moeilik om te glo dat daar nog mense soos julle daar buite is wat omgee. Nadia en Louis Verster - Kenridge Kaapstad.
