1 reviews | Active since Oct 2023
Sew Just More - awful quality and worst business! Don't waste your time and money!
I would just like to warn all fellow clients or people who may still be considering ordering from Sew Just More about the poor service.
Jacques' excuses are non-stop, he is hard to get hold of when you follow up on an order. One cannot trust Jacques' word at all, because it is not kept.
We placed the order on April 5th and paid the deposit. The set was supposed to be delivered on May 25th, needless to say it's now 7 weeks later and we still haven't received it on Friday, July 12th. He promised last Friday, July 5 that the set will Monday, July 8 to be finished and posted. Again the order was not finished and he asked for a delay until Friday, July 12, again with a series of excuses. We inquired as of Thursday, July 11 to hear what time he was going to send it. Friday, July 12, 12 o'clock he said we have to pay the balance, then he will courier the package. We said we refuse to pay until we don't have at least the "tracking number", actually we want to receive the package first, then we will pay the balance. I tried calling him but his last excuse is that he can't answer because he's on the road... He can type but won't answer the phone? What a poor excuse? The next moment he says he has canceled the courier because he is still not finished and will not send it if the balance is not paid. We wouldn't have hesitated to pay the balance if he didn't have so many excuses.
Well we continued the fight on Monday, July 15th and he finally sent the "Tracking Number". We received the package on Wednesday, July 17. What a disappointment!! Everything is smaller than stated! The finish is sloppy and not pretty! The Duvet and Pillows are Bumpy and "Cheap", no newborn baby can lie on them! Jacques says his sets last 4 years? Trust me it won't even survive 1 year! The "waterproof changing mat" is not even waterproof and some of the theme pictures are printed to the bottom and/or *****ed. Nothing looks like the photos... It's really deceiving.
Be careful, unfortunately this is once again a case of a business that cannot be trusted. The business takes money from so many clients, and does not deliver what they promised.
Better use another business than wasting your money here!
Graag wil ek net alle mede kliente of mense wat dit dalk nog oorweeg om by Sew Just More te bestel, waarsku oor die swak diens.
Jacques se verskonings is onophoudelik, hy is moeilik om in die hande te kry as jy opvolg oor 'n besteliing. Mens kan glad nie op Jacques se woord vertrou nie, want dit word nie nagekom nie.
Ons het 5 April die bestelling geplaas en die deposito betaal. Die stel moes al op 25 Mei gelewer word, nodeloos om te sê dis nou al 7 weke later en ons het dit steeds nog nie ontvang op Vrydag, 12 Julie nie. Hy het verlede Vrydag, 5 Julie belowe die stel sal Maandag, 8 Julie klaar wees en gepos word. Weereens was die bestelling nie klaar nie en het hy uitstel gevra tot Vrydag, 12 Julie, weereens met 'n rits verskonings. Ons het navraag gedoen vanaf Donderdag, 11Julie om te hoor, hoe laat hy dit gaan stuur. Vrydag, 12 Julie, 12uur het hy gesê ons moet die balans betaal, dan sal hy die pakkie courier. Ons het gesê ons weier om te betaal alvorens ons nie ten minste die "tracking number" het nie, eintlik wil ons eers die pakkie ontvang, dan sal ons die balans betaal. Ek het hom probeer s***el, maar sy laaste verskoning is dat hy nie kan antwoord nie, want hy is op die pad... Hy kan tik, maar nie die foon antwoord nie? Wat 'n swak verskoning? Die volgende oomblik se hy, hy het die courier gekanselleer, want hy is steeds nie klaar nie en sal dit nie stuur as die balans nie betaal word nie. Ons sou nie getwyfel het om die balans te betaal as hy nie so baie verskonings gehad het nie.
Wel ons het die stryd voort gesit Maandag, 15 Julie en het hy die "Tracking Number" uiteindelik gestuur. Ons het die pakkie ontvang Woensdag, 17 Julie. Wat 'n teleurstelling!! Alles is kleiner as wat gesê is! Die afwerking is slordig en nie mooi nie! Die Duvet en Kussings is Hobbelrig en "Cheap", geen pas gebore babatjie kan op dit lê nie! Jacques sê sy stelle hou 4 jaar? Glo my dit gaan nie eers 1 jaar oorleef nie! Die "waterproof changing mat" is nie eers waterproof nie en van die tema prente is tot onderste bo en/of skeef geprint. Niks lyk soos op die foto's nie... Dis werklik bedrieglik.
Wees versigtig, ongelukkig is dit weereens 'n geval van 'n besigheid wat nie vertrou kan word nie. Die besigheid neem geld by soveel kliente, en verskaf nie wat hulle belowe het nie.
Gebruik liewers 'n ander besigheid as om hier jou geld te mors!
