SW
Sonja W

1 reviews | Active since Feb 2014

15 Mar 2022, 09:30

Drink jou koffie deur jou masker asseblief

Goeie dag, My naam is Sonja Wilkens en ons company behoort aan SEESA vir die beste gedeelte van miskien 5 tot 7 jaar. In die tyd het ons nog nie baie van die dienste gebruik gemaak waarvoor ons elke maand so getrou betaal nie. Miskien op die meeste 5 keer. Ek het die begin van die maand kennis gegee omdat ek aangevra het vir n adendum op een van my werkers se ****rak oor n kar wat ons gekoop het vir haar. Ek is verwys na SEESA on call toe waar ek met n persoon gepraat het wat vir my n kwotasie gestuur het vir R7000 vir dit wat ek benodig. Ek was geskok en het besluit, as ek nou regtig al die paaiemente moes optel oor die tydperk teenoor wat ons al gebruik het, en ek moet R7000 betaal vir n ****rak dan maak hierdie somme nie sin vir die diens wat ek kry nie. Ek het niks gesê nie, ek het net rood eenvoudig n kennisgewing vir bedanking ingedien. Die volgende dag het iemand gebel of gemail om te hoor hoekom ek bedank en ek het verduidelik dat ek gaan nie R7000 betaal vir so eenvoudige ****rak nie. Hulle het my gevra om asb te heroorweeg en hulle het vir my so n ****rak opgetrek. Ek het toe heroorweeg en besluit om nie te.kanselleer nie. Ons het heel toevallig n dissiplinere verhoor gister gehad. Die dame waarvan ek nie haar naam kan onthou nie was 15 minute laat, almal het vir haar gewag. Sy het gaan sit en ons het almal aan almal voorgestel, ons het gevra of wil sy koffie of iets hê om te drink, sy het gesê nee dankie. Ons was so 5 min in die hearing in toe sy sê ons moet asb ons maskers aansit. My eerste gevoel was, dat ons sit nie teen aan mekaar nie, die aircon is aan, en die vensters is oop, niemand het simptome van covid nie, die positiwiteit rate is baie laag en indien jy dit kry hoef jy nie eens meer dokter toe te gaan of te isoleer nie, so ek was baie verbaas dat sy so aandring daarop, maar haar antwoord was dat dit is die wet. Wel my man het voorgestel ons gaan sit buite, sy het gesê ons gaan die maskers daar ook moet aansit, ek het gesê wel ek is besig om koffie te drink, en dit is wet dat as jy eet of drink jy nie n masker hoef te dra nie, sy het gesê ek moet my masker aansit of sy gaan ry, ek het vir haar gevra of wil sy hê ek moet my koffie deur my masker drink en sy het gesê ja. Ek het gesien sy is nie lus vir werk vandag nie en het verkoning gesoek om nie te werk nie. Haar laaste vraag VOOR die masker episode was iets oor tyd, die tyd was nie ingevul op die kennisgewing van die verhoor nie maar altwee die werkers het gesê hulle het geweet wanneer die datum was en dit het hulle nie gepla dat dit nie ingevul was nie, maar sy was adamant dat sy nie kon aangaan met die verhoor nie en n nuwe datum geskeduleer moet wors omdat die kennisgewing nie die offence datum opgehad het nie. By die tyd kon ek baie duidelik sien dat sy regtig nie lus is vir werk nie. Eers was sy laat en toe pl die maskers haar en toe pla die datum haar, ek kon myself nie langer ingou nie, en het die datum waarna sy so verwys op n manier vir haar gese wat haar toe net genoeg rede gegee het om haar laptop toe tw maak en op te staan en te loop. Uiteindelik kon sy ry, sy was regtig nie lus vir wat ookal sy moes kom doen het nie. Ek soek nie n verskoning van SEESA af nie, want dit is baie maklik om namens iemand onverskoning te vra, ek weet nie wie die vrou was nie, maar sy sal saam met haar superior na my huis toe ry en my kom onverskoning vra vir haar gedrag. Dan eers sal ek haar verskoning aanvaar. Hierdie vrou is baie onprofessioneel.

0
Replies (1)
SEESA (Pty) Ltd
SEESA (Pty) Ltd's reply16 Mar 2022, 11:36
Official
Dear Sonja,
We are sorry to hear about your experience.
Our National Manager is investigating the complaint, he will respond as soon as possible.
Kind regards
TeamSEESA