1 reviews | Active since Sept 2016
Bought a 2007 Mi i from them and same day it broke AND they knew about it
Geagte Shubart Motors. Die post is GLADNIE om julle sleg te se nie maar net te wys aan ander hoe mens leer uit foute! My verloofde het n 2007 Mini cooper ****ant by die plek gekoop in die week en hy het my suprise en ek was HEEL EXCITED! Inspeksie op kar gedoen, getoets ry en alles was fine behalwe n klein minor goedjies soos aircon gas was klaar en sunroof werk nie. So al te vrolik is ek weg daar in my Nuwe Mini cooper, so op die highway begin die kar sommer ruk as ek hom in derde het. Ek dog toe eks nie gewoont aan die kar nie. Later doen hy dit heeltyd, en die kar trek sommer links as mens stierwiel vinnig los. My verloofde het toe self gery by die huis en dadelik agtergekom die kar is NIE RYBAAR NIE. Ons vat hom toe na n Mechanic toe en hy het ook getuig, die kar se engine mountings is klaar, en nog n ander paar GROOT FOUTE ( ek kon bly wees ek was nie in n ongeluk nie want die ratkas, cludge en engin sal UITVAL met die probleme! Ek kon dood wees OF iemand se dood veroorsaak het oh en die enjin liggie brand heeltyd, en so aan. Punt is JULLE verkoop stukkende karre aan kliente wat julle van weet en dat julle net kan se: sorry ons kan niks doen nie is my verstand te bowe. Ek sou nog fine gewees het as julle ons gese het van die groot probleme, dalk kon mens iets uitwerk of kyk vir iets anders.Ek kan hom terug vat ja maar het al klaar duisende betaal en hys besig om helemaal reg gemaak te word van kop tot toon so dan kan ek net sowek hom hou maar ekt voorgestel dat hulle die bedrag betaal vir die regmaak maar NO GO! Weet nie of ander mense al dieselfde paaidjie gestap het met die mense maar ek beveel hulle GLADNIE AAN NIE of maak EERS SEKER jou nuwe voertuig is in n betroubare en rybare kondisie. Ek wens julle alle sterkte toe in die toekoms en kan ook se dankie, want so leer n mens uit n mens se foute!
