EB
Esme B

1 reviews | Active since Aug 2015

25 Aug 2015, 06:23

SARS doen dit toe!

Ek moet se, SARS se call centre is pateties, die een weet nie wat die ander een doen nie, elke een doen maar sy eie ding en probeer vir jou klomp gemors vertel. EN o so arrogant as jy durf verskil, so wend ek my toe na die Kommisaris se kantoor en kom toe uit by CORA VAN ZYL. Sy het my saak bestudeer (SARS het my vir 'n paar jaar aangeslaan vir boetes en admin boetes wat foutief was). Sy het werk gemaak van die terugbetaling, en soos altyd gedink ek gaan seker eeue wag vir SARS om enige geld terug te kry. Binne weke is dit opgelos, sy het my opgevolg en op hoogte gehou. WElgedaan Cora, die regerigsdepartemente kort meer mense soos jy! Hoop jy kry 'n groot verhoging na jou kollegas by die call centre se onbeholpenheid.

0
Replies (0)