1 reviews | Active since Apr 2021
GETROUE EN MOEDELOSE BELASTINGBETALER!!
Ek is raadop met SARS. Ek is 71 jaar oud en is bietjie rekenaar tegnelogies gestremd. Ek hoop die noodkreet kom by 'n SENIOR amptenaar van SARS uit wat kan help.
Ek het op 01 April 2020 foutiewelik 'n duplikaat EMP201 ingedien. Ek skuld SARS geen uitstaande gelde nie. Ek het verskeie kere, deur middel van die inbelsentrum, probeer om hierdie probleem reg te stel, sonder enige sukses.
Weens my ouderdom in Covid 19, was en is ek verplig om aan gesiglose amptenare te verduidelik wat die probleem is, sonder enige sukses tot nou toe.
Weens my ouderdom en ander onderliggende redes moes ek 'n Belasting konsultant aanstel. Behalwe dat ek al 'n jaar besig is om die probleem te probeer regstel, is die Belasting konsultant al 'n 8 maande, sonder sukses met SARS besig. Ek is nog net waar ek 'n jaar gelede was.
Op 11 Desember 2020, kort voor Kersfees neem SARS R70 000.00 spaargeld wat vir swaarkry dae hou word, sondermeer uit my spaarbank, terwyl daar 'n "suspension van debt" op die klagte geliasseer is.
Die Klagte Bestuur afdeling van SARS en die Ombud was al genader. Tot nou toe sit ek nog steeds sonder my geld.
Help!.
