1 reviews | Active since Jun 2017

26 Jun 2017, 16:36

Verwaarloosde 3de party eis by Santam

Gedurende Desember 2016 het n Santam kliënt n ongeluk op 'n snelweg veroorsaak as gevolg van die feit dat hy 'n vrag vervoer het wat nie behoorlik vasgemaak was nie. Die goedere wat tydens die rit losgeraak en afgeval het, het onder my motor beland (teen snelweg spoed) en gevolglik taamlike skade aangerig. Genadiglik het my dogter nie beheer oor die motor verloor nie!

Sedert Januarie 2017 sukkel ons met Santam om die 3de party eis af te handel ten einde ons in staat te stel om die nodige herstelwerk te doen. Die ****ak persoon, Itumeleng, was uiters traag om die saak effektief te hanteer. Op al die e-posse wat sy ontvang het (van myself asook die Makelaars), het sy slegs een keer gereageer! Telkens wat die saak met haar opgevolg was, het sy kwansuis "nuwe" inligting verlang - of inligting wat reeds aan haar voorsien was.

Op Maandag, 26 Junie 2017, het ons n e-pos van Santam ontvang wat die sg "settlement" bedrag aangedui het. Die goedkoopste kwotasie, wat baie na aan die ander twee was, is vanaf R13 371.63 na R6 410.60 verminder! Van die parte wat geïdentifiseer was vir herstel (deur al drie geakkrediteerde paneelkloppers van Santam), was gemerk met "C/R", wat kwansuis beteken check and report.

By verdere navraag aan Me Retha Botha, wat klaarblyklik die "Claims Manager" is, is ek meegedeel dat dit heel normaal is vir derde party eise om so lank te neem (byna 6 maande???). Sy het my ook geadviseur dat die nodige herstelwerk deur my EIE veresekringsmaatskappy gefinansier kon word ten einde die vertragings te voorkom. Hierdie advies maak egter GEENSINS sin nie aangesien die ongeluk nie deur myself veroorsaak was nie, maar deur hulle kliënt!

Op hierdie stadium het ek geen versekering dat Santam die volle kwotasie van R13 371. 63 gaan dek nie aangesien hul slegs bereid is om die bedrag van R6 410.60 uit te betaal. Volgens Me Botha moet die paneelkloppers opnuut bewyse voorlê en opnuut bevestig wat al die skade wel deur die ongeluk veroorsaak was (wat reeds deur DRIE paneelkloppers bevestig was!!!). Sodra die paneelkloppers WEEREENS die nodige bevestiging gedoen het, sal Santam kwansuis die nodig goedkeuring vir uitbetaling verleen.

Indien bogenoemde prosedure gevolg moet word, het ek enigsins die versekering dat al die skade wat deur die ongeluk veroorsaak was, deur Santam gedek gaan word? Boonop, hoe lank gaan dit vir Santam neem om WEEREENS goedkeuring aan die paneelkloppers te verleen, weer 6 maande?

Op die stadium voel ek om die saak by die Ombudsman aan te meld vir verdere ondersoek.

Enige advies sal hoog op prys gestel word.

Anita Nel

0
Replies (1)
Santam
Santam's reply27 Jun 2017, 08:05
Official

Goeiemore,

Dankie vir u plasing hierbo. Ons kan verstaan dat u ongelukkig is met die verloop van die eis en die lang tydsverloop om dit af te handel.

Ons sal die aangeleentheid ondersoek en sodra ons ondersoek afgehandel is, sal ons aan u terugvoer gee.

Baie dankie.

Groete

Stephan Olivier

Kliente diens media bestuurder