NM
Nellie M

1 reviews | Active since Feb 2018

27 Feb 2018, 11:03

SWAKSTE DIENS VAN SANTAM VERSEKERING BLOEMFONTEIN.

Ek het 'n eis aangemeld op 2 Januarie 2018. Byna 2 maande later en eis is steeds nie afgehandel. Hulle het altyd 'n probleem as dit by eis kom maar nie as dit by die betaling van premies kom nie. Hulle verhoog jaarliks hul premies agv inflasie. Maar eis en kyk hoe sukkel jy. Assessor het na skade kom kyk en vandaar geen reaksie na vele oproepe na Santam. Dit is vir my uiters onaanvaarbaar om sulke swak diens van Santam te ervaar nadat ek ek jare lange (20jr+) klient van Santam versekering is. Met elke oproep word jy na iemand anders verwys.

0
Replies (2)
Santam
Santam's reply27 Feb 2018, 11:26
Official

Goeiedag Nellie,

Baie dankie vir u plasing hierbo. Ons is regtig baie jammer om te hoor van u ervaring.

Ons sal baie graag die aangeleentheid wil ondersoek maar versoek die eisnommer asseblief van u om ons in staat te stel om die saak aan te spreek.

Ons dank u by voorbaat.

Vriendelike groete

Stephan Olivier

Kliente diens media bestuurder

Santam
Santam's reply27 Feb 2018, 11:54
Official

Baie dankie mevrou,

Ek sal dadelik die twee sake ondersoek en terugvoer gee sodra my ondersoek afgehandel is.

Neem asseblief kennis dat daar 'n 72 uur omdraaityd is.

Vriendelike groete

Stephan Olivier