AP
Adele P

1 reviews | Active since Nov 2016

21 Nov 2016, 13:12

Swak Diens en Oneties

16 Septemeber 2016

n Eis wat ek teen Klein Kariba ingesit het weens beskadiging van persoonlike eiendom is onlangs deur hulle versekeraar Santam afgekeur. Weens die feit dat hulle klient duidelik waarkuwings uitgee teen die bobbejane en wilde diere.

Die permitte lees soos volg • Hou vensters, deure en tentklappe toe, wanneer u nie tuis is nie.

Wat hulle wel vergeet om te noem is dat die bobbejane jou plek ookskeur en dan die skade aanrig. Ek wat n lid van die ATKV is al vir jare sal nooit weer my voet by enige van hulle oorde sit nie. Ek sal ook seker maak dat my lidmaatskap dadelik gekanselleer word. Ek is baie ongelukkig hoe die eis hanteer was. Dit is baie swak en die rede vir die afkeer is die grootste bog.

Klein Kariba se personeel kan glad nie die wilde ape en bobbejane beheer nie. Hulle hardloop self soos mal goed met “paint ball guns” rond om hulle te verwiller. En ek sal dit my werk maak om dit te raporteer sodat daar deeglik ondersoek ingestel kan word.

Ons hoor daagliks van ons land se korrupsie. En hierdie val saam met die res van dit. SANTAM julle is swak….. baie baie swak. As dit my laaste keuse van versekering ooit sal wees, sal ek verkies om sonder versekering te bly.

0
Replies (1)
Santam
Santam's reply21 Nov 2016, 14:08
Official

Beste Adele,

Baie dankie vir jou plasing. Ons kan verstaan dat jy nie gelukkig is met die uit**** van die eis wat jy teen Klein Kariba ingestel het nie.

Ons sal die saak verder ondersoek en sal weer met jou in verbinding tree sodra ons al die terugvoer ontvang het van die afdeling wat met u eis gewerk het.

Vriendelike Groete

Stephan Olivier

Kliente diens media bestuurder