1 reviews | Active since Jul 2016
Swak diens en geen terugvoer
Geen terugvoer!! Ons het maandag 'n "claim" ingesit vir ons inverter. Dinsdag het ons 'n quote ingestuur vir die vervanging van die inverter. My man moet heeltyd bel en kry geen antwoord nie. Vandag laat weet hulle dat ons dat die report onvolledig is. (Ons het ook gese hulle kan iemand van hul keuse stuur om self te kom kyk) Dit het 3 dae gevat om ons dit te laat weet na my man hoeveelkeer met hulle gepraat het. (Let wel... die damage report was aan hulle gestuur op dag 1) Ons kan nie sonder die inverter aangesien ons albei van die huis af werk en ons inkomste geraak word deur Eskom. (Ook die rede hoekom ons die geld uitgehaal het om 'n inverter te laat insit). Kan regtigwaar nie glo dat die diens so swak is terwyl hulle weet hoe onbetroubaar Eskom is nie.
