JP
James P

1 reviews | Active since Jan 2021

21 Jan 2023, 13:26

Swak diens

Ek het n elektroniese geaser sowat 5 jaar oud. Dit is n klein geaser sowat 40/50 l dit verhit die water onmiddelik. Dit is nie n tradisionele geaser nie. Die geaser het gebreek en ek het dit vir Santam SOS laat weet.Dit was Maandag 16 Jan. Hier was 2 loodgieters wat my laat verstaan het dat die geaser gebreek het agv beurtkrag. Daarna het n elektrisien kom kyk en in sy ver**** bevestig van voorttdurende beurtkrag het die geaser nou gegaan. Toe word ek gebel en gebel deur Santam personeel en almal is dat hulle nie iemand kry wat hierdie geaser ken nie en niemand weet waar om hulp te kry nie. Dit lakes na die loodgieters te kenne gegee het hulle ken die geaser. Met al die gepratery het ek verstaan dat die geaser dan vervang gaan raak met iets soortgelyk. Dit gebeur nie. Toe het my makelaar Kotze Smit ook ingeklim en die ekstra moeite gedoen om my te help. Na sy hulp het nog n loodgieter my ges***el en n afspraak gemaak vir Maandag 23 Jan. Hulle sal dan die info deur stuur aan my makelaar wat sal reel vir herstel werk. Op Saterdag 21 Jan het daar weer iemand gebel van Santam en is weer rond gestuur en moes aanhou vir baie lank en baie stories. Op die laaste het daar n onbeskofte vrou met my gepraat en deurmekaar info gegee van Santam sal R 500 gee vir my en dat die geaser se part nie gekry kan word nie omdat dit n baie ou geaser is. Geaser is 5 jaar jonk. Toe begin ek warm onder die kraag raak. Dit is verstaanbaar. Amper n week sonder warm water. Ek vertel toe dat Santam deurmekaar is met al die verskillende verskonings. Sy dreig my toe as klient dat ek nie kwaad mag raak nie. Normale optrede vir huidige swak diens oral in SA. TOG SO JAMMER. Voor ons n oplossings kon vind gooi sy die telefoon in my oor neer. SIES. Ehet dekking teen kragonderbreking en dit is NIE n ou geaser nie. Ek is tans 63 jaar oud en het versekering reeds vanaf 18 jaar. maw 45 jaar. Daarvan is daar max 3 jaar nie by Santam nie. Ek was nog altyd baie tevrede met Santam se diens. Moet ook meld dat dit n eerste is waar werkers van n maatskappy die foon in my oor neers it. Ek is nou vir 6 dae sonder warm water. En het omtrent 10 verskillende verskonings gehoor. Punt is dit is nie agv ouderdom en ek het dekking teen beurtkrag Hoop dat Santam my sal by staan en dat personeel wat bevoeg is my sal ****ak

0
Replies (2)
Santam
Santam's reply21 Jan 2023, 13:46
Official
Good day Thank you for your post. We will be in contact with you shortly. Regards Client Care
Santam
Santam's reply23 Jan 2023, 07:59
Official
More James,

Dankie vir jou plasing hierbo.
Voorsien ons asseblief van jou eisnommer sodat ons die saak kan ondersoek?

Baie dankie
Kliente Diens