AF
Abi F

1 reviews | Active since Mar 2015

30 Oct 2015, 16:52

SANTAM SOEK REDE OM EIS TE VERLAAG.

Ek A. Celliers Polisnr. *** (EISNR. *** is verseker by Santam vanaf 2008 tot hede vir 96 maande. Betaal gemiddeld R450 per maand tot hede betaal ek R41 400 en het nog nooit 'n eis ingedien vir my huishoudelike toebe**** nie. My huisinhoud is plus minus R80 000 en ek is verseker vir R150 000 vir huisinhoud. Op die 21 September 2015 het 'n ?is gerapporteer vir weerligskade. Die assessor het eers op die 14 Oktober 2015 opgedaag om ondersoek in te stel. Die eienaar van die huurhuis het onmiddelik die weerlig skade in die huis laat herstel. Op 28 Oktober 2015 (38 dae nadat ek die eis ingedien het!!!!) is ek in kennis gestel dat Santam bereid is om 26% van die eis uit te betaal. My fotostaat- en faksmasjien word nie uitbetaal nie. Hoeveel Santam kliente wat verseker is het 'n fotostaat- en faksmasjien in hulle huise???? (Is hulle gespesifiseer of is dit weereens 'n skuiwergat om nie 'n eis volledig te betaal nie. Ek bedryf nie 'n besigheid van my huis af nie, alhoewel ek 'n dagskool het. Hierdie masjien waar Santam as 'n skuiwergat gebruik word 10% gebruik vir fotostate vir die kinders. My hoofinkomste is tuisonderrig en hulpklasse. SANTAM HOEKOM???

0
Replies (1)
Santam
Santam's reply02 Nov 2015, 11:20
Official
Hello fourie abi,

Baie dankie vir u plasing hierbo.

Ons kan verstaan dat u ongelukkig is met die wyse waarop u eis hanteer is en die aanbod aan u gemaak.

Ons sal die aangeleentheid ondersoek en aan u terugvoering gee sodra ons ondersoek afgehandel is.

Vriendelike groete.

Stephan Olivier
Kliente diens media bestuurder