1 reviews | Active since Jul 2016
Patetiese diens van onbevoegde personeel
Ek en my vrou is al meer as 10 jaar in totaal by Santam. Ons kamp gereeld met ons karavaan en vroeër die jaar het ek my makelaar, Wimpie van Wimpie Makelaars in Welkom ge****ak om te hoor wat sal gebeur as ek en my vrou sou gaan staan langs die pad met ons bakkie en karavaan. Wimpie het ons gerus gestel dat ons “Roadside Assistance” het.
Ek, my vrou en twee van my klein kinders is met vakansie Manaba Beach toe vir 2 weke. Ons het die 20se September om 04:00 terug gery vanaf Manaba Beach. Ongeveer 10:00, net na Harrysmith op die N3, sien ek ‘n bol rook agter my en die bakkie begin toe ‘n snaakse geluid maak. Ek het toe afgetrek en probeer kyk wat fout is, kon nie veel uitmaak van die saak nie, en ek besluit toe om net water in te gooi en te kyk hoe ver ons nog kon gaan. Skaars 3km verder toe verloor die bakkie heeltemal krag en ons is toe gedwing om weer af te trek, 103km vanaf die Engen in Harrysmith en 43km voor Villiërs. My vrou het bel vir Wimpie om te hoor hoe ons nou moet maak om ‘n insleepdiens te kan reël. Wimpie gee vir ons ‘n nommer om te bel en vra dat ons hom asseblief op hoogte moet hou.
Hier is die afloop van al die oproepe saam met die tyd van die oproep. • 11:27 eerste keer vir Wimpie gebel, hy raai ons aan om Santam SOS te bel en ‘n eis in te sit sodat hulle ons kan kom help, nadat ons reeds ‘n uur en n half gestaan het sonder hulp. • 11:33 bel ons en die dame gee ons ‘n eis nommer en belowe dat sy ons sal terug s***el om ons op hoogte te hou. Eis nommer – 196 696 962 • 11:57 bel ons weer, die dame wat gesê het sy sou terug bel het teen die tyd nog nie terug gekom na ons toe nie. Ons word deur gesit na Roadside Assistance toe ***). Die man met wie ek toe gepraat het, het toe vir my gesê dat daar nog GEEN eise deur gesit is na hulle toe nie. Ek gee toe die eerste verwysingsnommer (196 696 962). Daarna, 12:02 het ons die eerste sms gekry wat se “Thank you for registering cas no 19-***-R-01 for your towing – roadside assistance case, we are busy sourcing the closest service provider to assist you promptly: • 12:31 kry ons weer ‘n sms wat se, Car and truck towing services has been authorised to assist. The service provider will assist you shortly” • 12”31 kry ons weer ‘n sms wat se, Car and truck towing services has been authorised to assist. The service provider will assist you shortly. Ref No ***-R-01” • 12:48 kry my vrou ‘n oproep wat vra waar ons staan en hoeveel persone ons is, sy gee toe die inligting vir hulle deur en se dat dit ons twee is en ons twee kleinkinders. Hulle se toe dat hulle iemand gaan stuur van Harrysmith af wat ons dan tot op Villiërs sal vat. • 13:42 bel hulle wee ren vra of ons al hulp gekry het, my vrou se toe dat ons nóg steeds wag en daar is geen tekens van iemand wat ons kom help nie. • Die dame wat om 13:42 gebel het, se toe vir my vrou dat hulle ongelukkig net vir my en haar sal kan optel en nie ons kleinkinders nie, want dit is glo so in ons polis so uiteengesit dat dit net twee passasiers kan help, en dat as daar meer aas twee is dat hulle die kostes sal moet dra. So wat nou, is my vraag? Moet my kleinkinders dan net langs die pad gebly het en self plan gemaak het?? Wat as ons in ‘n ongeluk sou wees? Sou hulle dan ook net my en my vrou help het? Twee ure en 15 minute later is daar nog GEEN TEKEN van enige hulp nie. So waar le Santam se lojaliteite dan? Definitief nie by ons betalende pensioenarisse nie!! • Hierna het ek vir Wimpie gebel om by hom te hoor watse nonsens hierdie is. Intussen sit ons al 4 nóg steeds langs die N3 sonder enige kos en water. Ek verstaan dat Wimpie se hande afgekap is, hy het toe gesê hy gaan hulle bel en hoor wat aangaan. Intussen het my een skoonseun gereël dat iemand ons kom haal met ‘n “Flatbed” om die bakkie tot in Vereeniging te kry.
15:46 Kry my vrou weer ‘n oproep met die vermetelheid van ‘n vraag “I assume you still have not receive any help and that you are still standing next to the N3?” My vrou het hom net gesê dat hulle alles moet los, want as ons vir hulle moes wag, het ons seker tot gisteraand laat daar gesit.
Danksy my skoonseun is ons en die bakkie veilig in Vereeniging.
Ek wil vandag vir almal wat hierdie lees, hiermee waarsku om so ver as moontlik weg te bly van Santam af. Hulle het duidelik net ‘n klomp onbevoegde mense wat vir hulle werk wat geen waarde aan enige van hulle kliënte se lewens toon nie. Wat het geword van kliëntediens? Hulle leuse op hulle webtuiste se “We help keep you safe by delivering insurance good and proper” “Your vehicle is an essential part of your life. Make sure you are covered against potential car emergencies that could affect your livelihood with our comprehensive personal vehicle insurance.” Hoe het hulle ons gehelp om veilig te wees? Deur nie terug te kom na ons toe as hulle se hulle gaan nie? Deur te se dat hulle ons wel sal help, maar nie ons kleinkinders nie? Waarvoor betaal mens die maandelikse premie as “Roadside Assistance” gedek is vir ‘n bakkie wat 5 sitplekke het, maar net ek en my vrou kan gehelp word in ‘n tyd van nood? PATETIES!!! ONBEVOEG!!! BLY SO VER MOONTLIK WEG VAN HULLE AF!!!
Thank you for your post.
Please be advised that we are in the process of investigating your complaint.
We will be in contact with you shortly.
Thank you and kind regards
Kurt Koopman
Client Care Manager
Thank you for your post.
Please be advised that we are in the process of investigating your complaint.
We will be in contact with you shortly.
Thank you and kind regards
Kurt Koopman
Client Care Manager
