1 reviews | Active since Dec 2019
Goeie diens Santam
Dankie Santam vir julle goeie diens soos altyd. My voertuig is beskadig in 'n ongeluk op die 29ste Oktober 2019. Santam het onmiddelik die insleepdienste ge****ak en alles gereel van daar af. Die volgende dag was my huurmotor gereed en als het goed verloop. Ek is in kennis gestel dat my voertuig afgeskryf is en hulle gaan my uitbetaal. Ongelukkig moes ek die huurvoertuig terug gee nog voordat die eis uitbetaal is omrede my 30dae verstryk het. Wil graag voorstel dat julle soos ander maatskappye n opsie gee dat die motorhuur tot 60 dae verleng kan word.
SANTAM is uitstekende versekering. Hulle het nog nooit enige eis wat ek gehad het nie uitbetaal nie. By Santam kry jy nie net iets uit nie, jy kry uit waarvoor jy verseker is. Ja daar is nou nie n ****ant bonus nie, maar ek is eerder by n versekeraar wat my betaal wanneer ek eis, as een wat my betaal omdat ek nie eis nie.
Dankie Santam
Eis nommer: ***
Baie dankie vir jou plasing hierbo.
Dankie vir die aanbeveling hierbo -- ons sal defintief dit in ag neem.
Vreeslik baie dankie dat jy die tyd geneem het om ons van jou ervaring te vertel.
Baie dankie en groete
Stephan Olivier
Kliente diens media bestuurder
Best regards,
Baie dankie vir jou plasing hierbo.
Dankie vir die aanbeveling hierbo -- ons sal defintief dit in ag neem.
Vreeslik baie dankie dat jy die tyd geneem het om ons van jou ervaring te vertel.
Baie dankie en groete
Stephan Olivier
Kliente diens media bestuurder
Best regards,
