1 reviews | Active since May 2025
Derde party eis - Santam
In November 2022 het 'n sekuriteits maatskappy se bakkie deur ons heining in ons erf gery. Die drywer het aan die slaap geraak. Ek was die heeltyd in ****ak met die maatskappy tot daar vir my in Junie 2023 gevra is ek moet 'n derde party eis insit by Santam. So is alles deurgegee, alle inligting, alles wat gevra is. Ek los dit toe nou maar, want daar word toe aan my gese dat 'n derde party eis maar 'n lang storie kan wees. So Februarie 2025 begin ek toe weer navrae doen en ek sukkel om antwoorde te kry. Die man wat die eis hanteer het, werk nie meer vir Santam nie. So word ek toe na die een na die ander verwys, maar daar kom niks daarvan. Ek het toe santam complaints gebel en daar begin darem met my gekomunikeer. Na 'n gesukkel word daar toe gevra dat ek polisie verklaring van die eienaar van die huis moet deurgee en nie ons as huurders nie. Wel ook alles in 2 dae se tyd vir hulle gestuur. Op die 8ste Mei het ek 'n reply gekry dat my eis gefinaliseer word. Ek het op die 15de Mei en 16Mei weer 'n mail gestuur wat ek geen reaksie kry nie. Tot vandag die 21 Mei 2025 het ek nog geen reaksie gekry van enige van Santam se mense nie. Ek kan nie dink dat van Junie 2023 tot Mei 2025 'n eis so lank kan vat nie en dit maar op 'n bedrag van R20 000!!!!!
Best regards,
Best regards,
