Cenceo 'n skande vir Santam

Ek het ‘n eis by Santam in gedien vir ‘n huisbraak. Na al die ondersoeke, vinnger afdrukke, cctv material en self ‘n getuienis van ‘n sekuriteitswag kom Cenceo se Mnre na my toe om die saak te ondersoek. Ek gee vir hulle die nodig inligting wat hy nodig het. ‘n week later kom hy terug na my toe met sy bestuurder om vir my te kom vra of daar enige iets is wat ek van die lys wil afhaal, want HULLE dink dat daar goed is wat nie vir hulle sin maak nie. Hulle verdraai my woorde so dat dit hulle ver**** pas en maak van my ‘n leunaar in my eie huis. Hulle stel toe hulle saak aan my dat ek misleidende antwoorde gegee het. Hulle bevraagteken my bewys van artikels wat in die jaar 2000 gekoop is oor ek nie ‘n koopbewys of foto van die artikel het nie.

Hulle s***el my vrou en sê vir haar “het jou man regtig so ‘n produk gehad” waarop sy ja sê en toe vra hulle haar wat is die naam van die produk, waarop sys ê sy weet nie die naam nie. My vrou het geen idee wat in my gereedskap aangaan nie. Nou beweer hulle ons gee teenstrydige bewyse.

Die feit dat hulle my woorde verdraai het en self van die getuienisse se woorde, maak my twyfel oor Santam. Ek weet daar is klomp leunaars en *****s wat goed eis wat nie verlore is nie, maar jy wat maandeliks betaal en eerlik is kry sulke diens.

Indien Santam nie aandag aan my ongelukkigheid gee nie het ek geen ander keuse om na iemand te gaan wat omgee vir sy kliënte. Niemand van Cenceo moet my ooit weer kom sien of ****ak maak nie, ek sal hulle nie in my woning toe laat nie of enige verklaring aan hulle gee nie. Ek sien gelukkig hier op Hellopeter is nog mense wat al oor hulle gekla het.