1 reviews | Active since Aug 2023
Vanoggend het ek met benoudheid na Santam gegaan danksy 'n inbraak wat by my huis plaasgevind het terwyl ek en my man (wat gestremd is) in Australie was.Ek wou nie op die rekenaar 'n eis instel nie. By my aankoms kon die persoon met wie ek 'n afspraak gehad het nie gevind word nie. Sonder opgaaf van rede stap 'n dame, ***hmieda Davids, na my en vra of sy kan help. Dit blyk toe dat dit nie haar afdeling is nie maar sy ontferm haar oor my en neem my na 'n kantoor en help my met die hele proses. Haar Bestuurder, Gakeem Williams stap ook in en die twee doen absoluut alles in hulle vermoee om my op my gamak te stel en die hele saak te hanteer, die eis te registreer en adviseer my oor nie net hoe om te werk te gaan nie maar ook wat om te verwag en wat Santam se volgende proses is. Ek moet eerlik wees, dit is by verre die beste diens wat ek nog ooit by 'n maatskappy ontvang het. Vernaam omdat dit nie eens hulle probleem was nie. Ek wil 'n reuse dankie se aan hierdie twee mense.
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.