NvdW
Nelia van der Westhuizen

1 reviews | Active since Jan 2012

29 May 2025, 08:27

Sanlam hopeloos met testamente

Ons huidige testament is deur Sanlam gedoen in Witbank gedoen met baie goeie diens, dit word iewers by Sanlam bewaar. Ons wou onlangs 'n verandering aanbring en na 'n groot gesukkel en baie frustrasie van ongeveer 3 dae, uiteindelik iemand gekry wat ons kom sien het. Hulle kantoor in Totius straat Potchefstroom, antwoord net eenvoudig nie hulle telefoon nie en op die internet is géén ander nommer beskikbaar nie. Ons het afskrif vir die persoon gegee met die veranderings in potlood aangebring. Nou skielik het hulle vir ons 2 aparte testamente sonder ons toestemming of medeling gemaak. Die persoon het nie eers vir ons 'n kaartjie met sy ****akbesonderhede gelos nie en natúúrlik antwoord hulle nog steeds nie hulle nommer nie. Die ander probleem is hulle *** nommer is foutief. As jy dit s***el, kry jy net "The subscriber you have dialed is not available at present" en indien hulle jóú s***el, lui hy óf gladnie aan jou kant nie óf ás hy lui, gaan hy inmiddelik dood die oomblik wat jy antwoord. Hierdie gemors gaan nou al aan van 20 Mei af en nog steeds het ons geen vordering gemaak nie.

0
Replies (2)
Sanlam
Sanlam's reply29 May 2025, 08:51
Official
Good day Nelia

We apologise for your service experience and have requested the Sanlam Trust department to look into the matter and contact you.
 
Regards
Sanlam Client Care 
Sanlam
Sanlam's reply05 Jun 2025, 13:59
Official
Good day Nelia

This is to confirm that you have been contacted and assisted.
 
Regards
Sanlam Client Care