1 reviews | Active since Mar 2014
Saddles Pinehurst - Kwaliteit swak
Ek besoek jul net na 18:30, die krag is af, ons word vriendelik ontvang en ingelig dat sekere items dalk nie beskikbaar is nie. Ons aanvaar dit so en beweeg na binne.<br> Die kinders vra of hulle melkskommel kan bestel, waarop die kelner net antwoord nee.. half kortaf, die kinders bestel toe \soda floats""; hy lig my in dat ek moet wag en hy nou by ons sal wees. 10 min later roep ek 'n ander kelner. A.g.v die krag wat af is rook dit binne die restaurant en my dogter het begin sleg voel; sy kry asma. Die 2de kelner vertel my ook om te wag... ek se toe ek kan nie wag nie. Ek stuur my vrou en my dogter uit; wag nog 5 min vir die kelner; waarop hy vir my vertel dat floats word so gemaak... nee ou maat ek het al baie floats bestel. Dit was 'n uiters swak ondervinding; as die krag af is;hoef kwaliteit en diens nie ook af te wees nie."""
