SW
Sonja W

1 reviews | Active since Feb 2014

26 Jun 2025, 11:18

PATHETIC

Goeie dag Mr. CAMELEN Naaidoo,Ek en jy het laas week oor die foon gepraat. My man vlieg mos vandag vir 'n maand weg van die huis af. Ek is alleen met die kinders by die huis. Ja, glo dit of nie, vrou alleen. In 70 Franshoekweg, Durbanville Hills, sonder 'n alarm stelsel. En weet jy wat, Jy het my belowe dat JY die dinge vinnig sal laat gebeur sodat my alarm stelsel so go as moontlik(dis nou natuurlik JOU moontlik) ingesit sal word. Wel, hier sit ek nou steeds, in 'n huis sonder 'n alarm stelsel en nog NIKS is goedgekeur of uitbetaal of enige iets van so aard nie. Iemand het al aangebied om solank die stelsel te betaal net sodat ons (dis nou ek en die kinders) kan veilig wees. Totdat julle dit EENDAG sal uitbetaal. Nou gaan ek hierdie email op social media plaas en dan kyk ons of julle dit OF vinniger OF stadiger gaan doen, ek hoop mense dink 2 keer voordat hulle julle gebruik om hulle lewens uit gevaar uit te hou.GROETESONJA WILKENs

0
Replies (3)
SA Home Loans Insurance
SA Home Loans Insurance's reply26 Jun 2025, 11:27
Official
Haai Sonja. Dankie dat jy met ons in verbinding getree het. Ons verstaan die situasie waarin jy tans is en het hierdie saak na die betrokke span geëskaleer sodat hulle kan help. 'n Konsultant sal vandag met jou in verbinding tree. 
 
Groete,
 
Die SA Huislenings Span
SW
Sonja W's update26 Jun 2025, 12:44
Reviewer Update
Hierdie saak is nie opgelos nie, ek sal dit hier kom aandui wanneer hierdie saak opgelos is, maar tot nou toe is hierdie saak nie opgelos nie.
SW
Sonja W's update26 Jun 2025, 13:05
Reviewer Update
image.png 91.89 KB