1 reviews | Active since Mar 2017
Dit was met groot opgewondinheid en volgelaaide kameras wat on shier weg is na Ruby River resort vir ons “Kersfees Wegbreek, ons is terug met groot teleur stelling en geen verwysings vir vriende.
Ons het aangekom en was aanvangklik heel in ons skik met die staanplek wat aan ons gegee is ( E32) .Maar soos die dai verby gegeaan het was die ondervinding van die staanplek minder goed. Die Visser manne neem sommer plasing op ons staanplek van vroeg af en “kamp” daarop uit to baie laat in die aand. HUlle het vanons braai af tot teen ons tent hulle stoelle ,visstokke en koellers gepak,en huleself tuisgemaak. Ons kon nie een dag ons braai gebruik nie en het nie eers gevoel ons wil daar kamp nie wat die mense is letterlik in ons kamp plek.
Die mense oor die pad het die voertuig pad e nook ons roete na die ablusieblokke toegemaak met hul voertuie en quad motorfietse sodat hulle n hele hoek vir hulself afgesper het. Ons kon nie by n badkamer uitkom buiten n lang roete nie, ons moes ook elke keer verby al die ander karavane ry as ons wou in en uit gaan. Ons het dit gerapporteer aan die dames by die ontvangs maar geen verandering of reaksie het daaruit gespruit nie.
Buiten die “beperkte staanplek” versperde roettes, was die swembaddens baie vuil ….alreeds met ons aankoms en na die t****e dag kon niemand meer daarin swem nie, weens die gebrek aan chemikalie en basiese versorging.
Die ablusie blokkie het ook veel te wense gelaat, daar was meer as een dag n tekort aan toilet pappier, die plek was vuil, en die dames badkamers het eers op die laaste dag gordyne gekry. Privaatheid is defnitief nie n word wat sinoniem is met Ruby River resort nie. Mens kan kies of jy voor die oop venster staan en bad of tande borsel,maar voor n oop venster sal jy wees op een of ander stadium van jou daglikse higienise roetiene. Die ablusie blokkie was ook vuil en os het in al die tye wat ons daar was nie n skoonmaker met n oog gewaar nie. Die spasies vir die storte en baddens was ook nooit gebou vir n ma met n kind of self meer as een kind nie, daar is eenvoudig geen plek nie.
Die geriewwe is ook heeltemal te min vir die hoeveelheid mense van die oord,verral oor n piek tyd. Die ander bemarkte “vermaaklikheids punte” was afgewater en niks om oor huis toe te skryf nie.
Indien mens besluit om die plaaslike wildsreservate of diere parke te ondersteun,is dit problematies want die hoof ( en enigste ) ingangs hek word toe geslot en Grendel …en sterkte as enige iemand dit kom oopsluit voor ten minste 15 min se wag en n selfoon oproep of twee.
Nie net deel mens staanplekke, vuil swembaddens, badkamer en toilette nie, mens word deur roettes beperk end an toegesluit sodat mens nie eers elders vemaak of beter geriewe kan gaan soek nie. Ek kan nie dink dat mens geld spandeer om daar heen te gaan nie……..
Ek is baie teleur gesteld in die oord en sal defnitief geen van my medekampeerders hierheen aanbeveel nie.
1 total reviews on Hellopeter
Is this your business?
Claim your profile to reply to reviews and build trust with customers.