1 reviews | Active since Jan 2024
Onbetroubare diens
Ek het 'n bespreking op hul webwerf gemaak vir 4 x Rug- en skouermasserings (myself en 3 volwasse kinders) en ek het 'n ekstra Kop-en-Nek-massering vir myself by bespreek. Die webwerf sê die behandelings is 40 minute en die ekstra een vir my was 30 minute – totaal van 70 minute. Elkeen van ons het net 'n 30 minute behandeling ontvang. Ek het vir albei my behandelings betaal, maar het slegs 'n "gekombineerde" behandeling van 30 minute ontvang. Ek het probeer om hierdie probleem met die te****ut uit te sort, maar sonder sukses. Die 10 minute is blykbaar vir aan- en uittrek (waarvoor mens moet betaal!!!) Die foto's op webwerf en google maps was ook misleidend - geen buite swembad of sondek of sonbeddens nie. Afgesien van die omgewing, baie teleurstellende ervaring.
