JB
Jaco B

1 reviews | Active since Nov 2021

02 May 2022, 18:38

Swakste verhurings agentskap in Klerksdorp

Ek verhuur vanaf 1 Desember 2021 my huis uit deur Property Info. Ek wil net se dat Property Info DIE SWAKSTE verhurings agent in Klerksdorp is!! My huis is ek besig om te verkoop en die registrasie behoort 15 Mei op die laatste deur te gaan. Peter van Property Info weier om my huurgeld vir Mei aan my oor te betaal omdat hy wag vir die registrasie om deur te kom dan sal hy die pro rata bedrag volgens hom oorbetaal. Propety Info verkoop nie my huis maar Seeff doen. Hul is slegs die verhurings agent. Hy het geen reg om die huur van Mei maand terug te hou nie. As die huis registereer sal die verband prokureurs die pro rata bedrag vir huur aan die nuwe eienaar oorbetaal. My huis se debietorder het afgegaan en die bank vat hul geld vir die hele maand ongeag of die huis in Mei gaan registreer maar ek mag nie my huur kry nie. As ek die eienaar n voice note stuur ignoreer hy my en antwoord nie die foon as my man hom bel. Property Info verhaal huur by huurders en steel die eienaar se geld deur dit terug te hou. Onaanvaarbaar!!Ek sal niemand aanbeveel om deur Property Info te verhuur nie. Ek het die eienaar gese ek gaan die saak hello Peter toe vat, hy steur hom nie aan my nie. Ek hoop dat Hello Peter my sal help met hierdie situasie.

0
Replies (0)