tT
tianasaisc T

1 reviews | Active since Jun 2016

23 May 2018, 13:29

PRO FIX Service Centre - Moenie met die mense besigheid doen nie

Pro Fix Service Centre, 403 van der Hoff Rd Pretoria, tel ********** 030 (office) ********** 320 (ah) Werker1: Casper Grobler Werker2: JP Bouillon Tipe kar: Hyandui Getz 2008 model Auto

Dinsdag 13 Februarie 2018 het Casper die kar kom haal. Die 24 Februarie 2018 het Casper die Deposito van R7000 kom haal. Die "uitstaande" bedrag dan was R7980. Casper het die kar die 12 Maart 2018 terug gebring en gesê die kar is 100% reg. Toe betaal ons die uitstaande bedrag van R7950. Toe ons met die kar wil ry (dieselfde dag) toe wil die kar glad nie ratte kry nie , die kar was net soos wat hy was toe hulle hom gevat het. Ons het Casper direk ges***el toe se hy hy gaan nou kom kyk. Casper het die kar eers 2 dae later 14 Maart kom haal. Intussen is daar ontelbare kere gebel en baklei en soveel stories en verskonings is gemaak. Intussen het Casper ons 1 keer ges***el om te sê daar is nog n probleem op die ratkas en dat ons nog ń verdere R1735 moet betaal. Ons het dit op die 1 Mei gaan betaal. As ons vir Casper s***el is sy verskoning hulle wag nogsteeds vir die part. Vanaf 13 Februarie tot huidig het ons altesaam R16 715 betaal en ontelbare oproepe na hom en woorde en nogsteeds nie die kar terug gekry nie! Van dag 1 tot nou was daar GEEN kommunikasie tussen eienaar van Pro Fix Service Centre en ons nie, ons het al gevra om met "hom" te praat maar elke keer n ander verskoning gegee. Ons het laaste met Casper gepraat op Vrydag 18 Mei so na 1 uur en hy het gesê die part is oppad van Johannesburg af na hoeveel dae. Hy sal ons Saterdag 19 Mei s***el en sê of die kar reg is of nie en hy het glad nie terug ges***el nie. Moenie met die mense besigheid doen nie.

0
Replies (0)