JS
Johan S

1 reviews | Active since Oct 2013

12 Jan 2023, 09:33

Dak, geute en plafon herstel na stormskade in Pretoria

Ek het stormskade aan my huis se dak opgedoen tydens die wolkbreuk in Montana area op 5 Januarie 2023. Het verskeie kwotasies ingekry, en die maatskappy se kwotasie was die beste. Van die punte wat opvallend is, is die volgende Hul het baie vinnig gereageer, hul het daarna ook op dieselfde dag nog 'n kwotasie deurgegee. Werk wat gedoen moes word was vooraf bespreek en duidelik getoon op kwotasie. Nadat kwotasie aanvaar was, het hul die volgende dag opgedaag en begin werk. Vandag ek kwotasie ontvang het totdat werk afgehandel was, was drie dae. Komplimente aan Francois en sy span. Dan nog belangrik, die einaar kom kyk self watter werk gedoen moet word, dan monitor hy gereëld die werk, en kyk dan self of werk reg gedoen is voor hy afteken. Laastens maar ook 'n kritiese punt, hul gee 'n vyf jaar waarborg op hul werk waar die ander plekke net een jaar waarborg wou gee. Dus glo hul in hul produk, en die werk wat hul doen en dit saam met die beste prys. Kan hul regtig aanbeveel

0
Replies (0)