JW
Johan W

1 reviews | Active since Jun 2019

22 Jun 2019, 14:40

Pretor Groep is aggressief vyandig

Ek het in April 2004 ‘n eenheid in die Bishop’s Nes-meenthuiskompleks in Zwartkop, Verwoerdburg gekoop, en daarin ingetrek. Van die begin af het daar oor verskeie administratiewe sake botsings tussen my en die trustees en Pretor Groep, die bestuursagent, gekom, wat, ten spyte an al my pogings, nie opgelos kon word nie. Dit het, vanselfsprekend, ‘n al groter wig en vyandskap tussen ons ingedryf. Ten spyte hiervan het ek, in November 2017, in ‘n poging om hierdie probleme op te los, my hand van vrede en vriendskap na die trustees en Pretor uitgesteek, en aangebied om alle vyandskap met hulle te staak. Die aanbod is 6 (SES!!) keer skriftelik aan hulle herhaal. Hulle het dit elke keer algeheel geïgnoreer, en my nie eers daarop geantwoord nie. Toe, in Julie 2018, wend ek ‘n 2e poging aan, en vra hulle dat ons soos beskaafde groot mense en volwassenes om ‘n tafel byeen kom, ons probleme rustig en kalm bespreek, en dit vir eens en vir altyd oplos. Weereens: ‘n versoek wat 6 (SES!!!) keer skriftelik aan hulle gerig is, EN ten minste een keer telefonies herhaal is, maar, behalwe vir een halfhartige poging van hulle kant, elke keer totaal geïgnoreer is. In April 2019 wend ek ‘n 3e poging aan: ek vra in ‘n brief dat die probleem by die eersvolgende Algemene Jaarvergadering bespreek moet word, en dat die item op die agenda vir dié vergadering geplaas moet word. Pretor en die trustees weier om dit te doen. Toe die notule van hierdie vergadering uitgestuur word aan die eienaars, is dit vol foute, wat bewysbaar was uit ‘n klankopname wat ek van die vergadering gemaak het. 2 keer wys ek die trustees en Pretor skriftelik daaop dat die notule vals is en herskryf moet word. Al 2 keer weier hulle om dit te doen. Ek het hulle albei kere gewaarsku dat as die notule nie reggestel word nie, ek die feite op die sosiale media sal plaas, en name sal noem. Hulle kan dus nie onkunde pleit nie. Die huidige trustees van die kompleks, aldus bogenoemde notule, is Dr A J Pretorius, S Kriel, en L van der Walt. Van die persone by Pretor met wie ek probeer onderhandel het, is Connie Stergianos, Karen Maccanel, en Tshegofatso Mogane. Indien Pretor of die trustees enige feit hierbo wil ontken, is hulle welkom om dit te probeer. Alles is op skrif en kan dus bewys word.

0
Replies (0)