CE
Christa E

1 reviews | Active since Apr 2024

30 Jun 2025, 19:52

Wag vir token nr

Vir baie Lang tyd koop ek deur die maatskappy en nooit probleme maar nou wag ek al langer as uur vir my token nr. Ek gaan verseker nie wag tot more vir duurder krag nie. So ek email en geen antwoord hulle reeds bewys van bedrag bevestig so wat is hul probleme

0
Replies (2)
CE
Christa E's update30 Jun 2025, 21:05
Reviewer Update
Hulle is puik dankie dat julle gehelp het
Prepaid24
Prepaid24's reply02 Jul 2025, 09:00
Official
Goeie dag Christa,

Baie dankie vir u geduld. Ek wil graag opreg omverskoning vra vir die vertraging wat u met u onlangse betaling ondervind het.

Na ondersoek het ons bevind dat die vertraging veroorsaak is deur ’n sekuriteitsmaatreël wat ingestel is om beide u en Prepaid24 teen moontlike bedrog of duplikaattransaksies te beskerm. Spesifiek, wanneer ons meer as een transaksie vir dieselfde bedrag vanaf dieselfde selfoonnommer binne ’n tydperk van 5 dae ontvang, word die transaksie gemerk vir bykomende verifikasie. Dit is ’n standaard voorkomende maatreël om u rekening en ons platform te beveilig.

Ons besef dat dit moontlik vir u ongerief veroorsaak het en waardeer u begrip. U betaling is intussen suksesvol verwerk en alles is nou in orde.

Indien u enige verdere vrae het of as ons u met iets anders kan help, ****ak ons asseblief gerus. Ons is altyd hier om te help.

Lekker dag verder!

Vriendelike groete
Prepaid24Span – Zeeta