IR
Isabell R

1 reviews | Active since Apr 2022

31 May 2022, 14:10

Prepaid24 oneerlik

'n Paar maande gelede het ek aanlyn hulp gevra om my telefoonnommer en e-pos adres te verander. Aangesien ek sukkel met tegnologie, het ek my wagwoord aan die persoon gegee wat my gehelp het. Hy het net opdrag gekry om my foonnommer en e-pos adres te verander. Toe ek weer krag koop, moes ek met ń skok ontdek dat hy my meter nommer verander het na my vorige woonadres s'n. Ek het 2 keer op die verkeerde meter nommer krag aangekoop. R30 en R500. Na vele kommunikasie met Prepaid24, asook per e-pos en ook by Steve Tshwete munisipaliteit, het ek steeds nie my R530 terug nie. Die persoon by vorige adres wil dit ook nie oorkoop nie, en tans is die woning leeg. Prepaid24 wil gladnie insien dat die fout deur hulle veroorsaak is nie. Ek is ń enkel-ouer en kan nie R530 net verloor nie. Ek dink dis uiters swak van Prepaid24!!! Ek wil graag my R530 terughê!

0
Replies (2)
Prepaid24
Prepaid24's reply31 May 2022, 16:33
Official
Goeiedag Isabell,

Soos per vorige kommunikasie het ons bevestig dat ons geensins meternommers in jou profiel verander het nie.  Ons het slegs soos per navraag, jou selnommer en epos adres verander.  Jy het 'n bestelling geskep in jou profiel en self die meternommer gekies wat jy wou herlaai en daarom kan ons nie verantwoordelikheid neem vir jou aksie nie.  'n Bestelling wat geskep word aan die kliënt se kant word ingetrek van die profiel in ons sisteem en kan nie verander word nie.  Ek hoop van harte dat jy my terugvoer verstaan en dat ons hierdie navraag as opgelos sal sien.   

Vriendelike groete,
Prepaid24
IR
Isabell R's update03 Jun 2022, 10:32
Reviewer Update
Goeidag. Ek het GEEN "bestelling geskep" nie. My huidige meternommet was dieselfde voor ek julle aanlyn hulp gevra het om NET my selnommer en e-pos adres te verander. Ek het nog nooit iets self op my profiel verander nie. Hoekom, nadat ek gevra het dat julle net daardie 2 items verander, sou my ou meternommer skielik terug wees? Julle weet dat die fout by julle is, staan pa daarvoor asb! Maak dit reg asb en gee my R530 se krag wat julle dink julle kan hou!!!