RS
Riekie S

1 reviews | Active since Dec 2010

02 Nov 2020, 10:55

Gedink dis te goed om waar te wees

Nog altyd het Prepaid 24 'n volle 11 uit 10 vir my gekry! Hulle het altyd dadelik gehelp en vir jare het ek geen probleem gehad nie. En toe gister....met die dat hulle 'n nuwe "Kits-s***el"gekry het, het ek gister my rieme lelik vasgeloop. Ek het R1800 se krag gekoop (soos die afgelope jaar) - en vir die eerste keer die kits-s***el gebruik - waar ek die verwysingsnommer wat ek gekry het by Prepaid 24, gebruik het. Toe ek egter die token wil laai, het dit 'n error gegee: EEEEEEE-EE. Ek het dadelik die call centre ge****ak en 'n Freddy het my ges***el - en gese ek moet die meter reset en die mains afsit. Ons het egter nie geweet hoe om die meter te reset nie - maar het die mains afgesit - dit het egter nie gewerk nie. Ons het steeds die error gekry - ek het toe gaan google en die error het beteken die token is accepted, but can not be processed. Toe ek vanoggend weer probeer om die token te laai, het ek die eerste keer besef dat die token verwys na ons OU meternommer wat ons 5jaar terug in Bloemfontein gehad het. Ek koop nou al meer as 5jaar op die Kimberley meter die tokens. Toe ek Prepaid 24 daaroor nader en vra dat hulle asb die geld moet refund - aangesien HULLE die verwysingsnommer gegee het - het hulle vir my gese ek moet die geld PROBEER terugkry - want EK moes gekyk het dat die meter nommer reg is - en dat die Bloemfontein meter as "default" gelys is!! HOE WERK DIT?? As ek al 5jaar op die Kimberley meter aankope doen - EN Prepaid 24 NOU vir my die verwysingsnommer gegee het!!?? Ek het toe maar Mangaung Munisipaliteit probeer bel - soos per die nommers wat Prepaid 24 vir my gegee het - na 4 verskillende kere wat ek verskillende nommers moes bel en elke keer die storie moes vertel - is daar vir my gese dat Mangaung munisipaliteit nie sommer prepaid krag terugbetaal nie??!!! R1800 weg????? Dit kan mos nie wees nie. Die laaste nommer wat ek gegee is om te bel, lui en lui en lui net. Ek is sooo teleurgesteld in Prepaid 24. Ek voel regtig hulle kan van hulle kant af probeer help - ek voel regtig dis 50% hulle skuld aangesien HULLE die verwysingsnommer gegee het!!!!

0
Replies (3)
Prepaid24
Prepaid24's reply02 Nov 2020, 11:45
Official
Goeiedag Riekie,

Baie dankie dat u my oproep aanvaar het.

Soos bespreek,verstaan ons heeltemal u frustrasie.

Ek is tans besig om alle hulpbronne aan my kant te gebruik om te sien of ons (indien enigsins moontlik) vir u iets kan doen.

Neem asseblief kennis dat dit u as kliënt se verantwoordelikheid is om seker te maak dat alle inligting op u profiel op datum is, indien u vorige woning se meter verwyder was, sou u die voorval vermy het.

Weereens jammer vir die ongerief wat u ervaar het.

Groete
RS
Riekie S's update02 Nov 2020, 12:28
Reviewer Update
Baie dankie vir die oproep. Soos gewoonlik, en waaraan ek gewoond is, het Prepaid 24 laat weet hulle gaan probeer om my te help. Dit gaan waarskynlik 'n R300 adminfooi behels, maar eerder dit as om R1800 te verloor! Ek waardeer ook dat Jeanne steeds vriendelik gebly het en geduld met my gehad het. Ek sal weer post wanneer alles opgelos is, maar intussen het ek alreeds Prepaid 24 aan 1 van my kollegas ook voorgestel.
Prepaid24
Prepaid24's reply02 Nov 2020, 12:54
Official
Goeiedag Riekie,

Baie dankie dat u weerens my oproep geneem het. 

Soos bespreek sal ons deur ons hoofvers****** met u munisipaliteit ****ak maak om te probeer toesien dat ons vir u n oplossing kan vind. 

Baie dankie vir u geduld hiermee. 

Groete,