1 reviews | Active since Sept 2026
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ Uitstekende diens van Platinum Life – Leandi Schoonees My ervaring met Platinum Life, en veral met Leandi Schoonees, was absoluut uitstekend
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ Uitstekende diens van Platinum Life – Leandi Schoonees My ervaring met Platinum Life, en veral met Leandi Schoonees, was absoluut uitstekend. Leandi het my tydens die hantering van my eis bygestaan en van die begin af was sy vriendelik, professioneel, duidelik en ongelooflik empaties. Wat vir my besonders was, is dat sy nie net my eis as nog ’n nommer behandel het nie. Sy het met ’n opregte omgee-hart na my geluister, alles mooi en verstaanbaar verduidelik en gereeld met my opgevolg om seker te maak dat alles goed verloop. Ek was deur ’n baie moeilike en emosionele tyd, en Leandi se ondersteuning, geduld en menslikheid het vir my ’n groot verskil gemaak. Sy het my laat voel dat daar werklik iemand is wat omgee. Ek kan Leandi Schoonees en Platinum Life met volle vertroue aanbeveel. Baie dankie vir die uitstekende diens en, Leandi, veral dankie dat jy jou werk met soveel hart, empatie en omgee doen. Dit word opreg waardeer! ❤️
Baie dankie vir hierdie ongelooflik mooi en opregte terugvoer. Dit beteken vir ons baie om te weet dat Leandi jou tydens so ’n moeilike en emosionele tyd met soveel empatie, geduld en omgee kon ondersteun.
Vriendelike Groete
Simone Venter
Client Relationship Specialist & Client Care Supervisor