ST
Sonja T

1 reviews | Active since Jul 2025

18 Jul 2025, 15:31

Platinum Life, julle het n wenner! Leandi Schoonees is regtig enig in haar soort! Nie net is sy geduldig, simpatiek en vriendelik nie, maar sy en Platinum Life stap die kankerpad saam met my

Platinum Life, julle het n wenner! Leandi Schoonees is regtig enig in haar soort! Nie net is sy geduldig, simpatiek en vriendelik nie, maar sy en Platinum Life stap die kankerpad saam met my. Dit laat my soos n mens voel, nie net n polisnommer nie. Baie dankie daarvoor, Leandi! Ek wil ook vir Tatum Monson wat my eis hanteer het bedank vir haar spoedige verwerking daarvan. Ook vir die feit dat julle my weekliks laat weet het waar die eis se verwerking trek. Was dit nie vir Platinum Life nie, sou ek nie die genetiese toets kon doen nie. Ek kan ook ekstra medikasie en spesialisfooie betaal wat my medies nie betaal nie. Nooit sou ek kon dink dat ek so dankbaar sou wees vir n polis wat ek telefonies uitgeneem het nie. Ek wens my drie dogters kry so geleentheid. Elke vrou behoort n Platinum Life polis te hê! Vriendelike groete. Sonja Fourie

0
Replies (1)
Platinum Life
Platinum Life's reply19 Jul 2025, 14:32
Official
Geagte Sonja, 

Baie dankie vir die pragtige terugvoer!

Ons is ongelooflik dankbaar dat jy jou ervaring met ons gedeel het – jou woorde beteken só baie. Leandi is inderdaad 'n besonderse mens, en ons is trots om haar as deel van ons span te hê. Dit is vir ons belangrik dat elke kliënt soos 'n mens voel en nie net soos 'n polisnommer nie, en dit is duidelik dat Leandi en Tatum dit met opregtheid en sorg uitgeleef het.

Ons is ook bly om te hoor dat die Platinum polis werklik vir jou van waarde is in hierdie moeilike tyd. Dit is presies waarvoor ons dit geskep het – om vroue te ondersteun wanneer dit regtig saak maak.

Dankie dat jy ons vertrou het met jou pad – ons stap dit graag saam met jou.

Vriendelike Groete 

Simone Venter
Client Relationship Specialist & Client Care Supervisor