AT
Amelia T

1 reviews | Active since Dec 2018

15 Dec 2018, 11:56

Platinum Life bo!

Die dag toe ek uitvind ek het borskanker, was ‘n groot skok. Ek het Platinum Life ‘n e- pos gestuur, die situasie verduidelik en baie vinnig teruggehoor van hulle. Die dokumente en verslae, was ‘n baie lang, uitgerekte proses. Ek is gedurig op hoogte gehou met e-poste. Die dag wat ek gehoor het ek gaan uitbetaling ontvang, was ek baie bly, en emosioneel. Ek was alreeds deur die operasie, en al besig met chemo. Die wag was beslis die moeite werd, die uitbetaling was ver bo my verwagting. Verlede week ‘n oproep ontvang van Leandie by Platinum om te hoor hoe dit met my gaan, en my in te lig dat hulle vir my ‘n geskenkpakkie gaan stuur, net om te wys hulle gee om. Groot was my verbasing om te sien wat alles uit daai pakkie gekom het. Baie dankie Platinum Life. Julle is uitstekend.

0
Replies (1)
Platinum Life
Platinum Life's reply18 Dec 2018, 08:54
Official
 Geagte Me Van Tonder,  Dankie vir u mooi woorde.  Dit was net ons plesier om u te assisteer met u eis. Dit maak ons harte warm om te weet dat ons ‘n verskil kon maak gedurende hierdie moeilike tyd.  Ek stuur namens Leandi ook. Ons weet sy pak elke pakkie altyd met soveel sorg en stuur ‘n persoonlike boodskap daarmee saam. Ons probeer ons kliënte altyd bederf en spesiaal voel om hul op te beur terwyl hul deur al die moeilike dinge stoei wat so ‘n diagnose bring.  Weet asseblief dat elke woord, boodskap en geskenkie met soveel sorg en omgee gestuur is.  Ons sal weer in ****ak met u wees in die nuwe jaar. Mag u ‘n geseënde fees seisoen hê, en mag 2019 seëning op seëning vir u bring.  Met Hoop, Die Platinum Life Eis-span & Leandi