1 reviews | Active since Jan 2020
PLATINUM LIFE
Goeie dag
Graag wil ek met julle my ondervinding met Platinum Life deel. Op 7 Oktober 2019 is ek gediagnoseer met Fase 3 agressiewe borskanker. Dit was so skielik sonder waarskuwing en het gevoel soos ‘n doodsvonnis. Onvoorsiene uitgawes vir medikasie, toetse klere vir hospitaal en als kom skielik op my pad. Ek gaan vir nog toetse en die Onkoloog laat weet my dat ek weer geopereer moet word vir nog kankerselle wat in die toetse gevind is. Waar gaan ek al die fondse kry vir als, ek het net ‘n hospitaal plan? My huis dokter Dr Marlene Van Dyk, help my om te registreer vir Onkologie, wat verskriklik baie gehelp het. Tog bly daar nog baie onvoorsiene uitgawes wat opduik een na die ander. My man was net so geskok soos ek, en ons moet begin besluite neem oor behandellinge en die toekoms. Maar my man se hy sal by my staan en my deur alles help en versorg waar nodig is, wat toe ook so gebeur het. My man het my letterlik deur hierdie hele pad gedra, my versorg, bemoedig, gebid en geondersteun van begin tot nou. Wanneer ek moedelloos geword het, het my my nie kans gegee om te gaan le nie, hy het my uit my gat van depressie geruk voor ek die bodem kon bereik. Dit dring later by my deur, dat ek gelukkig kanker dekking uitgeneem het ‘n paar jaar gelede. Op 8 November 2019 het ek die laaste dokumente en verslae aan Platinum Life gestuur vir die kanker dekking se eis. Ek was baie mooi en vinnig gehelp en verduidelik wat ek moes doen en alle nodige vorms was aan my gestuur om die eis te hanteer. Landi Janse Van Rensburg, Mandelee Van Rooyen en Leandi Schoonees, baie dankie, julle is top mensies wat my baie mooi gehelp het met my eis en alles. Daar was nie verskonings met dokumente of probleme met die eis nie. Als het so glad en vinnig verloop en ek kon dadelik gemoedsrus kry met al die onvoorsiene uitgawes wat op my pad gekom het met die skielike kanker. Op 21 November 2019 is die dekking vir borskanker uitbetaal aan my deur Platinum Life. Dit was 13 dae na ek die laaste dokument gestuur het wat die geld aan my uitbetaal was. Dit was ongelooflik vinnig. Ek was baie dankbaar en het gedink dis nou oor en verby, ek kan nou my uitgawes hanteer. Maar in Januarie 2020 kry ek ‘n oproep van Platinum Life, en hulle wou weet hoe dit met my gaan en hoe ek vorder met die chemo behandelling. Ek was uit die veld geslaan, dat hulle die moeite doen om my te ****ak en te bemoedig in my omstandighede. Daarby ontvang ek ook toe nog ‘n baie waardevolle geskenkpak op 27 Januarie van Platinum Life met die pragtigste nagklere, slippers,hoed, serp, tee, neute, boek oor kanker, ‘n Musica voucher en nog meer. Ek het weer besef, ek is nie net ‘n nommer wat hoef te gaan le omdat ek nou so lelik lyk sonder hare en my liggaam 3 operasies se sny merke op het agv die kanker nie. Ek het weer waardevol gevoel. Ek was baie dankbaar en was so Geseend met die groot geskenk. Dit was ook nie die einde van Platinum Life se omgee nie. Op 28 Julie 2020 kry ek weer ‘n oproep van Leandi Schoonees, en sy volg weer op met my oor hoe my gesondheid is en hoe die behandelling van chemo en bestraling gegaan het. Ek voel sommer baie spesiaal en besef weereens, daar is ander mense ook wat omgee. Mense wat my nie eens ken nie, ek is net ‘n klient maar sy laat my voel soos ‘n familielid wie se lewe tog saakmaak. En daarby deel sy my mee dat hulle my weereens bietjie wil bederf en gaan vir my ‘n Pick n Pay voucher stuur van R4500.00. Ek het amper nie geweet wat om te se nie. Dit is so lekker as mense jou so spesiaal laat voel en jou hoop verskerp op die toekoms na jy so harde pad moes veg. Ek is verskriklik dankbaar vir die mooi gebaar van Platinum Life se belangstelling en bemoediging in die tyd wat ek so gesukkel het. Ek het 18 Mei 2020 my laaste bestraling gehad en kon nou op 8 Julie my gedeeltelike kniegvervanging kry wat ek laas jaar 18 Oktober 2019 sou kry, maar wat uitgestel moes word agv die skielike kanker. Ek kan Platinum Life aanbeveel met die grootste liefde uit my hart. Ek het nog nie voorheen sulke diens gehad van enige makelaar of agent nie. Platinum Life, julle mense is tops. Julle weet hoe om mense te hanteer en spesiaal te laat voel. Baie baie dankie vir al jul omgee en bemoediging en die spoed waarteen julle eise hanteer.
Baie dankie Jo Venter
Baie dankie dat u die tyd gevat het om u ondervinding met ons te deel en ek is so bly ons span kon ook bystand lewer in hierdie tyd!
Terugvoer soos hierdie is ongelooflike motivering en beteken so baie vir ons. Ons waardeer dit verskriklik baie en sal streef om altyd hierdie tipe diens to lewer
Asseblief moet nie huiwer om ons the ****ak as daar enige iets is waarmee ons kan help nie
Vriendelike groete
Simone Venter
Client Relationship Specialist & Client Care Supervisor
Baie dankie dat u die tyd gevat het om u ondervinding met ons te deel en ek is so bly ons span kon ook bystand lewer in hierdie tyd!
Terugvoer soos hierdie is ongelooflike motivering en beteken so baie vir ons. Ons waardeer dit verskriklik baie en sal streef om altyd hierdie tipe diens to lewer
Asseblief moet nie huiwer om ons the ****ak as daar enige iets is waarmee ons kan help nie
Vriendelike groete
Simone Venter
Client Relationship Specialist & Client Care Supervisor
