1 reviews | Active since Oct 2022
PLATINUM LIFE
My storie begin so 2 jaar terug. N Baie vriendelike jongman het my gebel van platinum life om n kanker polis aan my te verkoop. Die enigste rede hoekom ek na hom geluister het, was omdat hy niks aan my probeer afsmeer het nie. Hy het ordentlik verduidelik en ek het geluister en toe besluit om wel die polis uit te neem. Daar was tot nou toe gee kanker in my naby familie. Januarie die jaar het my reis begin. N rooi vlek oor my bors het my Baie bekommerd gehad. Mammogram en sonar het niks gewys. Gelukkig het my suster besluit ek moet nog n opinion kry. Dank Vader, na vele toetse is ek met borskanker gediagnoseer. Ek het Platinum Life gebel en hulle het eis vorms gestuur. Ek het lank gevat om al die inligting vir hulle te kry. Toe ek wel alles gekry het en deurgestuur het, het hulle dadelik laat weet alles lyk in orde en stuur aan in die Lyn. Ek gereeld op hoogte gehou tot my geld inbetaal is. Verder bel hulle gereeld om te hoe dit met my gaan en lekkerste van als was die geskenk boks wat ek gister ontvang het. Dit was so nice. Baie dankie Platinum life julle het my totaal verras.
Dankie dat u hierdie met ons gedeel het en ek is so bly ons kon u bystaan en assisteer in hierdie tyd.
Dit beteken so baie om sulke terugvoer te kry en dit maak my hart bly om te hoor hoe ons span n glimlag op u gesig hou. Ons wens u alles die beste toe en asseblief moet nie huiwer om ons te ****ak as daar enige iets is waarmee ons kan help nie
Vriendelike Groete
Simone Venter
Client Relationship Specialist & Client Care Supervisor