MM
Monica M

1 reviews | Active since Aug 2023

30 May 2025, 14:58

Ek en my man was met kanker gediagnoseer, my man in 2021 en ek in 2024

Ek en my man was met kanker gediagnoseer, my man in 2021 en ek in 2024. Elke keer as ek bel met n eis het Leande Schoonees ons so mooi gehelp, sy was behulpsaamheid, vriendelikheid en het ons met deernis gehelp. En natuurlik die uitbetaling van die polis geld wat so baie gehelp het met die rekeninge, petrol en ander uitgawes en al die besoeke na die operasie Ek is so bly n vriendin het my jare gelede aan Platinum Life bekendgestel. Ek sal die polis vir elke vrou of man aanbeveel.Dit was beslis een van my beste besluite ooit om n polis by Platinum Life uit te neem. Groete

0
Replies (1)
Platinum Life
Platinum Life's reply30 May 2025, 16:56
Official
Geagte Monica, 

Baie dankie vir u kosbare terugvoer. Ons is diep geraak om te hoor van u en u man se pad met kanker, en ons waardeer dat u u storie met ons gedeel het. Dit is vir ons 'n eer om te hoor dat Leandé u met soveel deernis, behulpsaamheid en vriendelikheid bygestaan het tydens hierdie uitdagende tyd. 

Ons streef daarna om ons kliënte te ondersteun wanneer hulle dit die nodigste het, en dit is bemoedigend om te weet dat die polis u werklik kon bystaan met die onkostes en besoeke na operasies.
Dankie dat u Platinum Life aanbeveel – dit beteken vir ons baie. Ons wens vir u en u man sterkte, gesondheid en alles wat mooi is vir die pad vorentoe.

Vriendelike Groete 

Simone Venter
Client Relationship Specialist & Client Care Supervisor