CB
Chantelle B

1 reviews | Active since Feb 2021

24 Feb 2022, 09:41

Dankbaarheid

Ek was gediagnoseer in Januarie 2021 met DCIS. Met die oomblik wat die Dr dit gesê het het ek geluister maar nie gehoor wat hy presies vir my sê nie. Maar die oomblik wat ek die nuus moes oordra aan my familie, toe het dit eers deurgedring tot my. Alhoewel die skok so groot was het ek en my familie dit aanvaar. Nooit her ek gedink dat 'n polis wat ek meer as 16 jaar terug uitgeneem het wel eendag sou benut word nie. Niemand neem 'n kankerpolis uit sonder dat jy nie hoop jy sal tog ooit die voordele hoef te gebruik nie. Ten minste was die diens en besorgdheid van die personeel top notch. Ek het net vriendelikheid ervaar van die 1ste oproep. Die opvolg oproepe en belangstelling is baie bedagsaam. Iemand wat jou nie ken nie maar tog wil weet "hoe dit met jou gaan". Elke geskenkie was om te sê ons dink aan jou. Vir nou gaan dit goed, die volgende 6maande is dit stres tot die volgende opvolg ondersoeke. Leandi Schoonees en almal by Platinum Life is uitstekend. Nie een dag spyt ek het aangesluit nie

0
Replies (1)
Platinum Life
Platinum Life's reply01 Mar 2022, 09:28
Official
Geagte Chantelle, 

Dankie vir u wonderlike woorde en dat u hierdie reis met ons gedeel ht

Ek is so dankbaar dat ons span die nodige ondersteuning en bystand kon lewer in hierdie tyd en n glaimlag op u gesig sit. Ons wens u alle sterkte toe 

Moet assblief nie huiwer om ons a luitjie te gee as daar enige iets is waarmee ons kan help nie 

Vriendelike Groete

Simone Venter
Client Relationship Specialist & Client Care Supervisor 

Best regards,