IJ
Izelda J

1 reviews | Active since Dec 2024

17 Feb 2026, 15:13

ABSOLUUT PATETIES

Pateties VERBY - jy moet net betaal en betaal, maar wanneer jy wil navraag doen as jou geliefdes oorlede is dan dek hulle skielik NIKS waaraan daardie persoon oorlede is nie - PATETIES, dis waarom ek my Polis ook kanselleer het en al daardie paaiemente verloor het

0
Replies (1)
Platinum Life
Platinum Life's reply17 Feb 2026, 16:57
Official
Geagte Izelda, 

Ons innige meegevoel met u verlies. Ons verstaan ten volle hoe teleurstellend en hartseer hierdie situasie vir u moet wees, en ons waardeer dat u die tyd geneem het om u ervaring met ons te deel.

Volgens ons rekords het u onlangs met ons Eise-afdeling gesels, waar die polisdekking en die spesifieke diagnose volledig aan u verduidelik is. Platinum Life se polisse is gespesialiseerd en dek ongelukkig nie alle tipes kanker nie. Hierdie inligting word duidelik uiteengesit in die polis dokumentasie, sowel as tydens die verkoopsoproepe, aangesien ons daarop ***us om deursigtig te wees en seker te maak dat polis houers die nodige inligting ontvang.

Indien u enige verdere navrae het, is u welkom om ons Eise-afdeling te ****ak, en ons sal graag weer met u deur die dekking gaan.

Vriendelike Groete 

Simone Venter
Client Relationship Specialist & Client Care Supervisor