DK
Desere K

1 reviews | Active since Nov 2018

07 Sept 2020, 07:56

Planet Fitness pleeg bedrog

Ek het ‘n ****rak by Planet Fitness uitgeneem, welke ****rak Augustus 2020 verstryk het. Hulle hou egter vol dat my ****rak outomaties verleng het as gevolg van Covid. My ****rak is vir ‘n tydperk van 12 maande gewees, nie vir ‘n sekere bedrag betaalbaar oor 12 maande nie. Die feit dat hulle nie debiet orders afgetrek het gedurende die grendeltyd nie, het niks met die termyn van my ****rak te make nie. Hierdie feit is menig male vir hulle deurgegee. Ek het op 19 Augustus 2020 sowel as 20 Augustus 2020 weereens herinner dat ek nie met my ****rak wil voortgaan nie en ook ‘n afskrif van my ****rak gevra. Op 27 Augustus 2020 het ‘n dame my ges***el (verw. PF***) om weer vir my te sê dat my ****rak outomaties verleng, soos hierbo vermeld. Weereens het ek haar daarop gewys dat hulle nie by magte is om ‘n regsgeldige ****rak na goeddunke te verleng nie, maar sy het egter nie saamgestem nie. Ek het haar ook gevra vir ‘n afskrif van my ****rak sodat ek dit aan my prokureur kan versend, waarop sy onderneem het om dit vir my te stuur. Ek het weer op 28 Augustus 2020 sowel as 1 September 2020 per epos ‘n afskrif van my ****rak gevra, waarin ek voormelde verwysing ook meld, maar tot hede het ek steeds nie my ****rak gekry nie. Planet Fitness meen duidelik dat hulle bo die wet verhewe is en eiehandig ****rakte namens hulle kliente kan aanpas. Verdermeer het hulle ook sommer weer die debiet order van my rekening afgetrek, ten spyte van die feit dat my debietorder magtiging slegs vir die tydperk van die ****rak geldig was. Hierdie is niks minder as bedrog nie!!!

0
Replies (0)