AD
Amelia D

1 reviews | Active since Jan 2017

13 Jan 2017, 13:33

BAD BAD SERVICE & DEDUCTING DEBIT ORDER STILL FOR 2 YEARS AFTER CANCELLING MEMBERSHIP

Weereens het daar ‘n paaiement afgegaan van ons rekening , wat toe teruggestuur is – “Fondse Onvoldoende”, aangesien ons nie die rekening meer gebruik nie.

Dit na ons dogter reeds in Maart 2014 by jul Soneike tak was en haar lidmaatskap met 3 geleenthede opgegee het, sonder enige sukses. En personeel wat nie vir haar die regte inligting gegee het van hoe sy lidmaatskap moet kanselleer nie.

Intussen is sy getroud – Desember 2014. En sy het verhuis na Pretoria in April 2014. Waar sy nogsteeds woon as Mev vd Westhuizen. Sy is reeds vanaf 01 Januarie 2015 NIE meer op ons mediesefonds of Vitality nie.

Ek verwys na onderstaande E-Pos van Discovery Vitality waarin hulle BEVESTIG dat haar lidmaatskap by Planet Fitness gekanselleer is vanaf 31Desember 2014.

Intussen het julle ons aangegee by jul Prokureurs in Oktober 2015. Ek het met hulle gekommunikeer maar GEEN terugvoer van hulle ontvang nie. Ons is aangeskryf vir ‘n skamele R249. Aangesien ek geen terugvoer ontvang het nie het ek die saak as afgehandel beskou. Ek het besluit om nie my geld terug te eis by julle nie, afgesien daarvan dat Discovery dit voorgestel het.

Aangesien julle nou weer skielik by ons ‘n paaiement verhaal het op ‘n rekening wat ons nie meer gebruik nie en dit nou teruggestuur is as “Onvoldoende Fondse” EN dit nou ons kredietrekord in oneer bring het ek anders besluit.

Ek dring nou dus aan daarop dat alle gelde wat julle van ons verhaal het vanaf DESEMBER 2014 tot en met vandag se datum aan ons terugbetaal sal word.

0
Replies (0)