1 reviews | Active since Mar 2009
Pathetic service and customer relations
Ek het 12 Okt, om omtrent 15h10, die tak gebel om 'n tel no of naam te vra van die dame wat reg langsaan is en naels doen. Die tel no was nie beskikbaar nie, wat geen probleem is, want julle is tog nie die telefoon gids nie, maar kon die naam wel aan my gegee word. Toe ek vra hoe spel mens dit, word ewe sarkasties terug geantwoord, en bitter stadig, soos....jy....dit......uitspreek, en word die naam in lettergrepe gegee. Bitter ongeskik. Ek het weer ges***el en vir die dame gese dat ek NOOIT die se dienste sou gebruik maak nie weens haar ongeskiktheid. Sy het dit egter ontken, want het ek dan nou verwag sy moet haar klient los en tel no vir my gaan haal. Dit was nie vir een sekonde verwag nie, wel basiese ordentlikheid. Ek het gevra vir die bestuurder se naam omdat ek met haar wou praat, maar is die inligting ook geweier, waarop ek werklik bitter hard gepraat en later geskree het, maat steeds geen bestuurder se naam ontvang nie. Trouens, die dame het die telefoon in my oor neer gesit. Snaaks dat mens dan wonder hoekom diens en ordentlikheid nie bestaan nie. Weet jy dame, basiese hulp en ordentlikheid, beteken gratis
Goeie Dag Theuns
Baie dankie dat jy die tyd gevat het om ons in te lig van jou teleurstelling. Ek wil graag hartlik onverskoning vra vir enige ongerief wat jy aanvaar het en jou laat weet dat ons tans besig is om ondersoek in te stel.
Vriendelike Groete
Klientediense
Goeie Dag Theuns
Baie dankie dat jy die tyd gevat het om ons in te lig van jou teleurstelling. Ek wil graag hartlik onverskoning vra vir enige ongerief wat jy aanvaar het en jou laat weet dat ons tans besig is om ondersoek in te stel.
Vriendelike Groete
Klientediense
