1 reviews | Active since Mar 2026
Goeie diens van Petru Botha Eiendomme
Ek het by Petru Botha Eiendomme uitgekom nadat ek twee goeie verwysings ontvang het.
Ek was in die knyp want my vorige privaat-agent het versuim om my in te lig dat my huurders kennisgegee het. Die huurders het uitgetrek en die meenthuis het leegggestaan.
Ek het by Druana uitgekom. Alles het vandaar seepglad verloop. Sy het die meenthuis geadverteer, die plek vir mense gaan wys , gereël vir skoonmaak, die plek is uitgeverf en alles is in tip top kondisie gekry sonder dat ek ‘n maand se huurgeld verloor het.
Sy het my voortdurend op hoogte gehou van alles. As ek haar bel om oor iets navraag te doen, dan moes ek hoor dit is reeds gedoen.
Ek het net sulke vriendelike en goeie diens gekry van Jorenda en Ina.
Ek wil beweer ek het nog nooit sulke goeie en vriendelike diens by enige eiendomsagentskap en of eintlik by besigheid gekry nie.
Hoe kry Druana dit reg om skynbaar altyd besig te wees met werk? Laat op ‘n Saterdagmiddag bel sy en sê sy is nou by die eiendom om te kyk of dit of dat reg is of gedoen is.
Ek het nog een en my pa drie eiendomme in Bloemfontein wat ons verhuur en hulle is ook oppad na Petru Botha Eiendomme sodra dit moontlik is.
Ek is net verstom oor die gehalte van diens en die ekstra myle wat Petru Botha Eiendomme skynbaar sorgeloos vir hul kliente loop.
Van ‘n baie dankbare Johan Steyn
