HV
Haize V

1 reviews | Active since Feb 2021

19 Oct 2022, 12:39

Fantastic service - Penta Motor Group Suzuki Menlyn

Hi Jeanne-Marie

Ek voel ek wil net graag van ons kant af vir jou in besonder dankie sê vir die moeite en tyd wat jy in ons gesit het. Om ‘n nuwe voertuig aan te skaf is altyd ‘n groot besluit en dis stressvol, maar verkoopspersone soos jy maak alles net soveel meer gerusstellend.

Van die eerste oomblik wat jou ferm glimlag en vriendelikheid ons begroet het het jy ons behoeftes in ag geneem. Ons is mense wat weet presies wat ons wil hê en waardeer verkoopspersone soos jy wat uit hul pad gaan om presies dit te bewerkstellig sonder om mens in ander keuses of enige iets te boender. Jy was onmiddelik bewus van die feit dat ek al die jare Volkswagens gery het en jy het onmiddelik jou kennis van jou produk 100% gedeel om my gemoedsrus te gee dat ek met gemak ‘n Suzuki kan aanskaf.

Jy het deurlopend kommunikeer en my OF op hoogte gehou van alles wat in die agtergrond vorder sowel as wat elke volgende stap is. Ek moet eerlikwaar sê dit het my baie kalm oor elke besluit laat voel. Jy en jou F&I span het ekstra moeite gedoen om vir mens die beste moontlike offering op die tafel te sit en selfs die teken van dokumente was flink en werklik ‘n plesier. Baie dankie daarvoor!

DAN om gister daar te kom en jul gooi nog ‘n ekstra bederfie in wat mens sommer lekker laat voel.

Ek kan jou werklik geluk wens met hoe jy jouself dra en ons as kliente heeltyd eerste gestel het.

So die rede vir my epos is uit en uit om vir jou vreeslik dankie te sê dat jy dit wat ek gevoel het ‘n berg is soos ‘n lafenis en ‘n vars seebries laat voel het.

Jy gaan beslis weer van ons hoor sou ons in die toekoms weer voertuie moet aanskaf.

Ek wens jou baie voorspoed toe en ek sal jou naam beslis aan my eie netwerk voorstel, veral oor ek self in verkope is en kan bevestig dat jy beslis ‘n aanwins is vir jou groep.

Baie baie dankie!

PS: Die Brezza ry soos ‘n droom 

0
Replies (0)