1 reviews | Active since Jul 2012
Slegte diens
Dit is die 2 de keer dat ek slegte diens ervaar van PC International Randburg. Die eerste keer het ek 3 rekenaars bestel, dit ontvang, die volgende 3 bestel, volg op wanneer dit gereed is, 3 dae na die bestelling... Bestelling is nooit geplaas nie. Dadelik moes hul dit reg stel, 2 dae later het ek my rekenaars. Ek kort vandag 'n switch, bevestig met Helgard Nortje, my drywer ry al die pad Randburg toe (oor die 60km) kom sonder die switch terug. Ek sal niemand aanbeveel om enigstens deur hul te werk nie. Ek kan terselle tyd ook kla oor Tandy (Ontvangs) wat uiters ongeskik is. Elke keer as ek vra vir een van die Bestuurders, bly sy se met watse een wil ek praat!!!! DUIDELIK dat sy nie kan of wil verstaan dat ek my probleem opgelos wil he nie. Vir 'n klient wat bereid is om oor die R 100 000 by hul te spandeer, word ek maar taamlik sleg hanteer.
